Sewernaja Zemlja (Russies: Се́верная Земля́, [ˈsʲevʲɪrnəjə zʲɪˈmlʲa]; letterlik: "Noordland") is 'n eilandgroep in die Arktiese Oseaan. Die argipel is noord van Siberië, oos van Franz Josef-land, noordoos van Nowaja Zemlja, noordwes van die Nieu-Siberiese Eilande en suid van die Noordpool geleë. Dit grens aan die Arktiese Oseaan in die noorde, die Karasee in die suidweste en die Laptefsee in die suidooste.
duimnael|links|Kaart van Sewernaja Zemlja duimnael|links|Russiese posseël uit 2013 wat Boris Wilkizki, sy skepe en die landskap vertoon, ter geleentheid van die 100ste herdenking van Sewernaja Zemlja se ontdekking duimnael|links|Die Russiese vlag word in 1913 op Oktoberrewolusie-eiland gehys Sewernaja Zemlja is onbewoon en groot dele is met ys bedek; die res word deur toendra oorheers. Die argipel behoort administratief aan die Krasnojarsk-krai van die Siberiese Federale Distrik.
Die eilandgroep is in 1913 deur Boris Wilkizki ontdek en Sewernaja Zemlja is in 1930–1932 gekarteer, waarmee dit die laaste groot argipel op aarde geword het, wat verken is. Die hele eilandgroep is oorspronklik na die destydse tsaar Nikolaas II van Rusland Nikolaus-II-land (Russies: Земля Николая II) en enkele eilande – indien hulle erken is – na heiliges van die Russies-Ortodokse Kerk genoem. In 1926 is hulle egter, op besluit van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (KPSU), hernoem. In 2007 het 'n poging om weer na die ou name terug te keer by die plaaslike parlement van die Krasnojarsk-krai misluk.
Sewernaja Semlja bestaan uit die volgende eilande: Oktoberrewolusie-eiland (14 170 km²) Bolsjewik-eiland (11 270 km²) Komsomoletseiland (9 006 km²) Pioniereiland (1 527 km²) Schmidteiland (467 km²) Kleiner Taimyreiland (232 km²) Starokadomski-eiland (110 km²) Krupskoi-eiland (100 km²) Verder is daar meer as 25 kleiner eilande.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Argipels Kategorie:Eilande in Arktiese Oseaan Kategorie:Eilande van Rusland Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Siberië