Moenie verwar word met Korosee nie.
Die Karasee (Russies: Ка́рское мо́ре, Karskoye more) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen Nowaja Zemlja in die weste, Franz Josef-land in die noordweste, Sewernaja Zemlja in die noordooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Karasee grens aan die Barentssee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Laptefsee in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 880 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 127 m. Die see is genoem ná die Kararivier; Kara beteken "gedempte ys" in die Nenets-taal.
duimnael|links|Hawegeriewe naby die Obmonding duimnael|links|Die vragskip M/V Valeri Vasiliev, in besit van die Azia-redery (AZSCO) in Wladiwostok met tuishawe in Sint Petersburg, bevaar die Obboesem op pad na die seehawe Sabetta duimnael|links|Ysbreker en olietenkskip in die Obboesem duimnael|links|'n Magtige polêre laedrukgebied vorm in die najaar van 2018 tussen die Karasee en Nowaja Zemlja. Die lugdruk in die sentrum van die sikloon daal tot 970 mbarFoto geneem deur MODIS Terra-satelliet duimnael|links|Die olie- en gasvelde EPNZ 1 tot 3 word deur die Russiese energie-onderneming Rosneft ontgin Belangrike riviere wat in die Karasee uitmond is die Jenisej en Ob. Die see is nege maande lank gevries, maar het groot potensiaal as visvanggebied – alhoewel die vangseisoen beperk bly tot die maande Augustus en September waanneer die see ysvry en maklik bevaarbaar is. RT.com, 25 Maart 2018: Karasee könnte zu Russlands wichtigstem arktischem Fischfangplatz werden. Besoek op 22 Januarie 2020 Facts Legend: 20 Interesting Kara Sea Facts. Besoek op 22 Januarie 2020
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Arktiese Oseaan Kategorie:Siberië