Kornephoros (ook bekend as Beta Herculis of β Her) is ’n dubbelster, en met ’n basiese skynbare magnitude van 2,81 die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Hercules. Dit is vermoedelik ’n veranderlike ster waarvan die skynbare magnitude tot 2,76 kan styg. Volgens parallaksmetings is dit 139 ligjare van die Son af.

Hoewel Beta Herculis met die blote oog soos een ster lyk, het die Amerikaanse sterrekundige W.W. Campbell in Julie 1899 uit spektroskopiese metings ontdek sy radiale snelheid wissel en dat hy dus ’n metgesel het.

Eienskappe Die wentelperiode van die twee komponente is sowat 410 dae. Die primêre ster het ’n sterreklassifikasie van G7 IIIa, wat aandui dis ’n reusester wat al die waterstof in sy kern opgebruik en van die hoofreeks wegbeweeg het. Sy massa is amper drie keer dié van die Son, maar hy het al so uitgesit dat sy radius 17 keer die Son s’n is. Die effektiewe temperatuur van die ster se buitekant is sowat 4 887 K, wat dit die geel skynsel van ’n G-tipe ster gee. Die sekondêre ster se massa is net 90% van die Son s'n.

Name Die ster se Bayer-naam is "Beta Herculis" en sy Flamsteed-naam "27 Herculis". Die tradisionele name is "Kornephoros", ’n Griekse woord wat "knuppeldraer" beteken, en "Rutilicus", ’n verdraaiing van die Latynse woord titillicus, "armholte".

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Kornephoros" vir die ster goedgekeur.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Hercules (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:G-tipe reusesterre