Die blougesiggie (Junonia oenone), is 'n vlinder wat behoort tot die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae). In Engels staan dit bekend as die Blue pansy.

Subspesies Junonia oenone oenone - kom in Afrika voor, maar nie in Madagaskar nie. Junonia oenone epiclelia - kom slegs in Madagaskar, Aldabra, Astove, Assumption en die Cosmoledo-eilande voor.

Habitat Die hoofhabitat is savanneboswêreld, maar hierdie wydverspreide spesie word ook in reënwoude, grasvelde en stedelike gebiede aangetref, ek selfs ook in besproeide areas in woestyne.

Kenmerke Die bokant van die vlerke is swart met 'n opvallende blou kol en rooi oogkolle, en wit merke aan die buitekant van die vlerke. Die onderkant van die agtervlerke is bruin, en dié van die voorvlerke bruin met wit merke. Die vlerkspan van die mannetjie is 40 – 50 mm, en dié van die wyfie is 48 – 52 mm.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Skoenlappers