'n Malvabloutjie (Cacyreus marshalli) is 'n vlinder in die familie van Bloutjie-skoenlappers (Lycaenidae). Dit staan in Engels bekend as die Geranium bronze.

Verspreiding Waarskynlik oorspronklik net in die suidwestelike dele van Suid-Afrika, maar dit het versprei na die res van die land, en selfs na Europa as gevolg van die spesie se aanpassing by gekweekte malvas. Dit word as 'n pes beskou in Spanje en het ook die Verenigde Koninkryk bereik.

Habitat Parke en tuine, rioolputte, berge, kuslyne, heuwels, vleilande en vlaktes.

Voorkoms Die vlerkspan van die wyfie is 18–27 mm en dié van die mannetjie is 15–23 mm. Die bokant van die vlerke is bruin. Die onderkant van die vlerk is bruin met wit spikkels en vlekke.

Die malvabloutjie (Cacyreus marshalli) word dikwels verwar met die Cacyreus tespis (waterbloutjie) wat baie dieselfde lyk, maar die bovlerk het nie die blou skynsel wat die waterbloutjie het nie.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Skoenlappers