'n Ralierooivlerkie (Axiocerses tjoane) is 'n vlinder in die familie van Bloutjie-skoenlappers (Lycaenidae). Dit staan in Engels bekend as die Common scarlet of Eastern scarlet.

Subspesies Axiocerses tjoane tjoane Verspreiding: Suidelike en oostelike dele van Afrika. In Suid-Afrika kom dit naby die kus voor vanaf Grahamstad in die Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal, asook in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo en Noordwes. Axiocerses tjoane rubescens (Henning & Henning, 1996) Verspreiding: Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië.

Habitat Heuwels en vlaktes. Die ruspes vreet hoofsaaklik aan witdoring, soetdoring, papierbasdoring en huilboom.

Voorkoms Die vlerkspan van die wyfie is 25–34 mm en dié van die mannetjie is 24–32 mm. Die bokant van die vlerke is rooi met swart merke. Die onderkant van die vlerke van beide geslagte is kripties.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Verwysings

Kategorie:Skoenlappers