St. Gallen 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|border|senter Land Kanton 15px St. Gallen Distrik St. Gallen Koördinate Stigting 612 Stadstatus 1180 Oppervlakte: - Totaal 39,41 vk km Hoogte bo seevlak 675 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2015) 75 538 Ständige und nichtständige Wohnbevölkerung nach institutionellen Gliederungen, Geschlecht, Staatsangehörigkeit und Alter - Bevolkingsdigtheid 1 917/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Stadspresident Thomas Scheitlin (FDP) Amptelike Webwerf Stadt St. Gallen
St. Gallen (in Duits soms ook gespel as Sankt Gallen) is die administratiewe setel van die gelyknamige Switserse kanton. Die stad het sy oorsprong in 'n nedersetting wat vlakby die Middeleeuse klooster St. Gallen (gestig in 719) ontstaan het en ook daarna vernoem is. Volgens oorlewerings was die Ierse monnik en hermiet Gallus die klooster se naamgewer.
St. Gallen is in die oorgangsgebied tussen die saggies golwende Bodenmeerstreek en die Appenzell-voetheuwels op 'n hoogte van tussen 496 en 1 074 m geleë. Die historiese stadskern het in 'n vallei in die hoër geleë deel van die stadsgebied ontstaan. Die moeilike terrein - riviere soos Sitter en Goldach het diep ravyne in die plaaslike landskap gesny - het nog tot in die middel van die 19de eeu vervoer in die gebied belemmer. Sedert 1856 verbind spoorlyne die stad met ander dele van Switserland en die buiteland. Danksy sy ligging by die kruispunt van belangrike spoorwegroetes tussen Zürich en München en tussen die Bodenmeer en Luzern het St. Gallen tot 'n vervoerspilpunt ontwikkel. Vandag is St. Gallen daarnaas 'n ekonomiese, opvoedkundige, geneeskundige en kulturele sentrum vir Noordoos-Switserland en dele van die aangrensende buiteland.Historisches Lexikon der Schweiz: Sankt Gallen (Gemeinde). Besoek op 21 Mei 2017
St. Gallen het oorspronklik oor sowat 4 km2 gestrek, en eers in 1918 is die stadsgebied merkbaar vergroot tot die huidige 39,4 km2 deur die insluiting van twee aangrensende munisipaliteite, Straubenzell en Tablat.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Switserland