Vuyani Bungo (bekend as The Beast; 1967-) is ’n voormalige Suid-Afrikaanse Wêreldbokskampioen. Hy het van 1994 tot 1999 sy junior-veergewigtitel 13 keer suksesvol verdedig.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Bungo is op 26 Februarie 1967 op Mdantsane in die Oos-Kaap gebore. Hy maak sy debuut op 26 April 1987 teen Xolela Makhuluma in die Mdantsane-stadion. Sy laaste geveg was op 25 Junie 2005 teen Thomas Mashaba in Oos-Londen se Absa-stadion. Hy het 39 van die 44 gevegte oor sy loopbaan gewen, 43% met uitklophoue.
Verwysings
Eksterne skakels Profiel op boxrec.com
Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense