"O, die Liewe Martatjie" is die Afrikaanse weergawe van die Oostenrykse volksliedjie "O du lieber Augustin". Die Afrikaanse woorde is deur B.A. de Wet geskryf.

Afrikaanse woorde duimnael|’n Weergawe vir koperblaasinstrumente.

Augustin "Der liebe Augustin", oor wie die Duitse liedjie gaan, was die bynaam van Marx of Markus Augustin, ’n digter, sanger en doedelsakspeler. Die woorde word aan hom toegeskryf. Hy was blykbaar gewild, want veral in 1679 tydens die pes in Wene het hy die stadsbewoners opgevrolik met sy liedjies. Hy het met sy doedelsak van een kuierplek na ’n ander getrek om musiek te maak en maar min verdien – hy het blykbaar ook lekker diep in die bottel gekyk.

Volgens oorlewering was die 36-jarige Augustin een aand weer dronk en het hy in die straat geslaap. Opruimers wat mense wat in die pes dood is se lyke bymekaargemaak het, het gedink hy is dood en hom saam met lyke in ’n massagraf gegooi. Die graf is nie dadelik toegegooi nie, maar net tydelik bedek sodat nog lyke later bygevoeg kon word. Die volgende dag het Augustin tussen die lyke op sy doedelsak gespeel tot hy uit die graf gered is. Daarna het Augustin blykbaar beter verdien. Die legende is dalk deur homself begin. Destydse bronne het al berig oor hoe hy tussen die lyke uitgekom het.

Die volksliedjie "O du lieber Augustin" het omstreeks 1800 in Wene ontstaan. Augustin self word as die skrywer genoem, maar die oorsprong is onseker.

Duitse woorde duimnael|200px|’n Gedenkplaat vir "Der liebe Augustin" teen die muur van die gastehuis Griechenbeisl in Wene.

Verwysings

Eksterne skakels "Der liebe Augustin" Notenblatt zu 'O du lieber Augustin' und MIDI/MP3 Inligting op Lieder-Archiv.de

15px Hierdie artikel is deels uit die Duitse Wikipedia vertaal

Kategorie:Afrikaanse volksmusiek