"Stille Nag, Heilige Nag" is die Afrikaanse weergawe van een van die bekendste en mees geliefde Kersliedere ter wêreld. Die oorspronklike Duitse lied, "Stille Nacht, Heilige Nacht", is in 1818 in Opper-Oostenryk deur Franz Xaver Gruber gekomponeer op woorde deur Joseph Mohr. Dit is in 2011 deur Unesco tot ’n ontasbare kultuurerfenis van Oostenryk verklaar.

Talle kunstenaars uit verskeie genres het die lied al opgeneem. Die weergawe deur Bing Crosby is die derde beste enkelsnitverkoper van alle tye.

Afrikaanse woorde Hierdie is die oorspronlike Afrikaanse vertaling, alhoewel nuwer vertalings meer bekend is:

Geskiedenis Die lied is op Oukersaand 1818 die eerste keer in Oberndorf, Oostenryk, uitgevoer. ’n Jong priester, vader Joseph Mohr, het net die vorige jaar na Oberndorf gekom. Hy het die lied in 1816 in Duits geskryf. Dit is getoonset deur Franz Xaver Gruber, ’n skoolmeester en orrelspeler van die naburige dorp Arnsdorf nadat Mohr hom gevra het. Saam het hulle die nuwe Kerslied op die aand van 24 Desember tydens die mis in die dorp se Sint Nikolaas-kerk uitgevoer. Die kerk is vandag bekend as die Stille Nag-kapel.

Melodie duimnael|140px|Franz Xaver Gruber.

Die moderne weergawe is:

Duits/Engels

duimnael|Koorweergawe deur die VSA-weermagkoor. duimnael|Sopraan-solo deur Ernestine Schumann-Heink. duimnael|Instrumentale weergawe deur Kevin MacLeod.

Mohr se Duitse woordeEngelse liriek"Silent Night, Holy Night", The United Methodist Hymnal nr. 239, vertaal deur John F. Young en anoniemSilent night, holy night, All is calm, all is bright Round yon virgin mother and child. Holy infant, so tender and mild, Sleep in heavenly peace, Sleep in heavenly peace.

Silent night, holy night, Shepherds quake at the sight; Glories stream from heaven afar, Heavenly hosts sing Alleluia! Christ the Savior is born, Christ the Savior is born!

Silent night, holy night, Son of God, love's pure light; Radiant beams from thy holy face With the dawn of redeeming grace, Jesus, Lord, at thy birth, Jesus, Lord, at thy birth.

Verwysings

Eksterne skakels Teks en musiek , Stille-Nacht-Association, Salzburg Stille Nag-kapel, oorsprong van die lied

Silent night - holy night. Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 18, no.2, Desember 1968.

15px Hierdie artikel is deels uit die Engelse Wikipedia vertaal

Kategorie:Afrikaanse volksmusiek