"O, Boereplaas" is ’n Afrikaanse, verwerkte weergawe van die Duitse Kersliedjie "O Tannenbaum". Die Duitse woorde is geskoei op ’n lied uit die 16de eeu wat in die 19de eeu tot ’n Silesiese volksliedjie uitgebrei is. Die melodie was reeds in die 16de eeu ’n bekende volkswysie wat onder meer as "Es lebe hoch der Zimmermannsgeselle" en die studentelied "Lauriger Horatius" gewild was.

Vanweë die bekendheid van die lied en die eenvoudige wysie is baie ander, soms humoristiese woorde al daarop gesing. Ook die lied van die Internasionale Arbeidersbeweging, "The Red Flag", en die amptelike lied van die Amerikaanse deelstaat Maryland, "Maryland, My Maryland", gebruik dié wysie. ’n Tweede melodie vir O, Boereplaas is deur Johannes Joubert geskryf en deur Arthur Ellis verwerk.

Die Afrikaanse woorde is deur C.F. Visser geskryf.

Afrikaanse woorde

Melodie duimnael|Die eerste strofe, soos gesing deur die koor van die VSA-weermagorkes (Duits/Engels)

Duitse woorde

Verwysings

Eksterne skakels Tobias Widmaier: "O Tannenbaum" (2007). In: Populäre und traditionelle Lieder. Historisch-kritisches Liederlexikon van die Duitse volksliedargief Helmut Zimmermann: Woher stammt das Weihnachtslied "O Tannenbaum"? explizit.net, 25 Desember 2011 "O, Boereplaas" in verskeie tale "My Maryland“ 15px Hierdie artikel is deels uit die Duitse Wikipedia vertaal

Kategorie:Afrikaanse volksmusiek