duimnael|Die rots Lore-Ley. duimnael|’n Standbeeld van die karakter Lore-Ley.
Die Loreley (ook onder meer Lorelei en Lore-Ley) is ’n rots in die Rynrivier. Die 132 meter hoë rots is aan die oostelike oewer van die Ryn in ’n Unesco-wêrelderfenisgebied geleë en rys hoog en steil op aan die binnekant van ’n kromming in die rivier.
Fiktiewe karakter In die Duitse letterkunde is Lore-Ley ’n towenares wat in 1801 haar verskyning gemaak het in die ballade "Lore Lay" in Clemens Brentano se roman Godwi (1801). Hierdie karakter van Brentano was so gewild dat mense teen die middel van die 19de eeu al geglo het sy verhaal is ’n antieke legende – ook aangesien dit ooreenkomste getoon het met reeds bekende verhale uit die Griekse mitologie, soos dié van die nimf Echo, wat in ’n rots verander, en die Sirenes, wat matrose met hul sang lok. Lore Lay lok ook mans met haar skoonheid en veroorsaak hul dood.
In Heinrich Heine se gedig Die Lore-Ley van 1824 vergaan matrose se skepe in die Ryn wanneer hul aandag deur haar sang afgelei word. Die gedig is al baie getoonset, onder andere in 1824 deur Friedrich Silcher. Dit is ook die wysie van die Afrikaanse volksliedjie "Daar Gaan uit Vergange se Dae", waarvoor Jan F.E. Celliers die woorde geskryf het.
Die Lore-Ley
Verwysings
Eksterne skakels Heine: "Die Loreley" – ’n ontleding 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia Kategorie:Duitse letterkundige fiksie Kategorie:Poësie Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Duitsland