Colin Bundy (1944-) is ’n Suid-Afrikaanse geskiedkundige en voormalige prinsipaal van Oxford se Green Templeton-kollege. Hy word as ’n invloedryke figuur in die hersiening van benaderings tot die Suid-Afrikaanse geskiedenis beskou. Sy werk sluit in: "The rise and fall of the South African peasantry", "History, revolution, and South Africa" en "Remaking the Past: New Perspectives in South African History".HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Colin James Bundy is op 4 Oktober 1944 gebore en matrikuleer aan die Graeme College in Grahamstad. Hy studeer aan die Universiteit van Natal (B.A.) en die Universiteit van die Witwatersrand (B.A. (Hons)). Met behulp van 'n Rhodes-beurs verwerf hy later 'n M.Phil en D.Phil aan die Universiteit van Oxford.
Hy was van 1997 tot 2001 die visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand. Van 2008 tot 2010 was hy die prinsipaal van die Green Templeton-kollege in Oxford, vanwaar hy in 2010 afgetree het.
Publikasies Van sy publikasies sluit in:
Remaking the Past: New Perspectives in South African History (Cape Town: University of Cape Town, 1987) (with William Beinart)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense