Die wiegelied "Slaap, my kindjie, slaap sag" (Duits: "Guten Abend, gut’ Nacht"), ook bekend as die "Wiegelied van Brahms", is een van die bekendste komposisies van Johannes Brahms. Dit het die opusnommer 49 (4) en is in 1868 gepubliseer. Die Afrikaanse woorde is deur Jan F.E. Celliers geskryf.
Brahms het die wiegeliedjie aan sy vriendin en jeugliefde Bertha Faber opgedra ná die geboorte van haar tweede seun. Dit is een van die gewildste wiegeliedjies ter wêreld."Wiegelied van Brahms"
Woorde duimnael|140px|Johannes Brahms (c. 1866).
Melodie
Verwysings
Eksterne skakels Bladmusiek van die Wiegeliedjie Die lied gesing deur Lotte Lehmann
Kategorie:Afrikaanse volksmusiek Kategorie:Klassieke musiek