Hubert von Goisern (eintlik Hubert Achleitner - die kunstenaarsnaam sinspeel op sy geboorteplek; * 17 November 1952 in Bad Goisern am Hallstättersee, deelstaat Opper-Oostenryk) is 'n Oostenrykse sanger, liedjieskrywer en wêreldmusikant wat internasionale bekendheid verwerf het met sy mengsel van rockmusiek en elemente van tradisionele Alpynse volksmusiek - 'n musikale genre waarna as Alperock of Nuwe Volksmusiek verwys word. Sy musikale werk is met 'n verskeidenheid nasionale en internasionale musiekpryse bekroon.

Eksterne skakels Media youtube.com: Hubert von Goisern - Brenna tuats guat youtube.com: Hubert von Goisern - Heast as nit

Kategorie:Oostenrykse musici Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense