Vloeispaat of fluoriet is 'n isometriese mineraal wat hoofsaaklik uit kalsiumfluoried bestaan.

Naam Carlo Antonio Galeani Napione het dit in 1797 fluoriet (van Lat. fluere = vloei) genoem omdat dit as vloeimiddel aangewend is. Die Afrikaanse naam verwys ook hierna.

Voorkoms Die mineraal word dikwels in hidrotermale are aangetref, veral indien hierdie lood of sinkminerale bevat. Graniete, pegmatiete en hoëtemperatuur-are kan dit ook bevat.

Kristalle het dikwels 'n kubiese vorm. Suiwer kalsiumfluoriet is kleurloos, maar onsuiwerhede kan aan die kristalle talle kleure verleen soos geel, blou of groen.

Struktuur Vloeispaat het 'n kubiese struktuur wat bestaan uit 'n kubiese digpakking van kalsiumione waarvan alle tetraëderholtes met fluorione gevul is. Vloeispaat is die argetipe van hierdie struktuur wat gewoonlik die fluorietstruktuur genoem word en die Strukturbericht-kode C1 het. Daar is party ander minerale en sintetiese stowwe met 'n algemene formule wat hierdie struktuur het, soos uraniniet.

Hierdie struktuur is naverwant aan die diamantstruktuur van C, Si, Ge en die sfalerietstruktuur van Zns, ZnSe ensomeer waarin net die helfte van die tetraëderholtes gevul is.

Daar bestaan ook stowwe met 'n algemene formule wat 'n antifluoriet-struktuur besit. Hier is rolle van die metaal- en niemetaalione omgedraai.

In die C1-struktuur is die metaalioon deur 'n kubus van 8 anione omring terwyl die anione 4 metaalbure het in 'n tetraëdriese rangskikking.

Verwysings

Kategorie:Minerale