Die D.F. du Toit-Malherbeprys vir Genealogiese Navorsing is ’n prys deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat driejaarliks toegeken word vir ’n hoogstaande publikasie of reeks van hoogstaande publikasies in Afrikaans op die gebied van genealogie wat voor die begin van die bekroningsjaar verskyn het.
Die prys is in 1976 ingestel met ’n erflating van R3000 uit die boedel van dr. D.F. du Toit-Malherbe. Die prys kan net een maal aan ’n persoon toegeken word.
Die prys staan sedert 2017 bekend as die Hugenote-Vereniging-en-D.F. du Toit-Malherbeprys vir Genealogiese navorsing.
Lys van pryswenners 1982 – Dr. J.A. Heese 1989 – Dr. Ben Cilliers 1992 – Kol. dr. Jan Ploeger 1995 – Dr. R.T.J. Lombard 1998 – Mev. Linda Zöllner 2001 – Dr. J.C. Visagie 2004 – Mev. Janet Melville 2007 – Mnr. M.H.C. du Preez 2011 – Mnr. I.P. Bosman 2014 – Prof. H.C. (Christo) Viljoen 2017 – Prof. Gerhard Geldenhuys 2021 – Johan BarkhuizenHanekom kry Hertzogprys, Beeld, 17 April 2021, Laetitia Pople 2024 – Katja Rossouw
Bronne Verwerk vanaf akademie.co.za .
Verwysings
Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns