Navanethem "Navi" Pillay (gebore 23 September 1941) is 'n Suid-Afrikaanse juris wat van 2008 tot 2014 as die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte gedien het. 'n Suid-Afrikaner van Indiese Tamilse oorsprong, sy was die eerste nie-blanke vroulike regter van die Hooggeregshof van Suid-Afrika.
Sy het ook as 'n regter van die Internasionale Strafhof en president van die Internasionale Straftribunaal vir Rwanda gedien. As die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte is Pillay in September 2014 deur Prins Zeid bin Ra'ad opgevolg. In April 2015 word Pillay die 16de Kommissaris van die Internasionale Kommissie teen die doodstraf.
Vroeë lewe Pillay is gebore in 1941 in 'n verarmde omgewing van Durban, Natalprovinsie, in die destydse Unie van Suid-Afrika.Reuters (28 Julie 2008). "FACTBOX-South Africa's Pillay is new human rights chief ". Besoek op 30 Julie 2008. Sy is van Tamilse afkoms en haar vader was 'n busbestuurder. In Januarie 1965 trou sy met mede-prokureur Gaby Pillay.Interview with Vino Reddy (11 Augustus 2002). Voices of Resistance. Besoek op 30 Julie 2008. Hulle het twee dogters.
As gevolg van skenkings van haar plaaslike Indiese gemeenskap verwerf Pillay 'n BA in 1963 en 'n LLB in 1965 aan die Universiteit van Natal.Maggie Farley (26 Julie 2008). "Human rights commissioner fought a long battle for her own rights". The Sydney Morning Herald. Besoek op 30 Julie 2008.Paul Walters (1 April 2005). Citation for honorary doctorate, Rhodes University . Besoek op 30 Julie 2008.
Sy het later die Harvard Law School bygewoon, waaraan sy in 1982 'n LLM en in 1988 'n doktorsgraad in regswetenskap verwerf het. Pillay is die eerste Suid-Afrikaner wat 'n doktorsgraad in reg aan die Harvard Law School verwerf het.Emily Newburger (Spring 2006). "The bus driver's daughter". Harvard Law Bulletin. Besoek op 30 Julie 2008.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse regters Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Lewende mense