Justin Johan Basson (*10 Februarie 1994, Kaapstad) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat tans vir die in Pro14 en die Vrystaat Cheetahs om die Curriebeker speel.SARU spelerprofiel - Justin Basson URL besoek op 29 Mei 2016 Sy gereelde posisie is op slot.

Loopbaan Na sy hoërskoolopleiding het Basson by die Blou Bulle-Akademie aangesluit voor die 2013 seisoen. Hy was een van die eerste-keuse slotte vir die Blou Bulle o/19 tydens die onder-19 Provinsiale Kampioenskappe in 2013. Hy was op die veld met hul 37-21 halfeindoorwinning oor die Luiperds o/19SA Rugby: Blou Bulle 37-21 Luiperds URL besoek op 27 Julie 2016 en ook in die eindstryd toe die Blou Bulle as kampioene gekroon is na hulle hul Gautengse teenstanders, die Goue Leeus o/19, in Durban met 35-23 geklop het.SA Rugby: Goue Leeus 28-11 Pumas URL besoek op 27 Julie 2016

Verwysings

Eksterne skakels

itsrugby.co.uk-profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers