Lynne Brown (gebore 26 September 1961) is die voormalige Minister van Openbare Ondernemings en voormalige Premier van die Wes-Kaapprovinsie in Suid-Afrika. Sy is in Kaapstad gebore en in Mitchells Plein getoë. Na die bedanking van Ebrahim Rasool in Julie 2008 is sy as die Premier van die Wes-Kaap aangestel.

Sy was voorheen die Minister van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme. Sy is 'n lid van die African National Congress en tydens 2007 en 2012 was sy 'n verkose lid van die ANC Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). Sy was die vierde kleurlingpremier van die Wes-Kaap en die tweede van die African National Congress. Sy is ook die eerste openlik homoseksuele persoon wat in 'n kabinetsposisie in enige Afrikaregering aangestel is."South Africa appoints first lesbian to cabinet", by David Smith, The Guardian, 26 Mei 2014.

Brown is weggelaat uit die kabinet van President Cyril Ramaphosa, en het op 1 Maart 2018 bedank as 'n ANC-parlementslid.

Verwysings

Eksterne skakels

Lynne Brown op People's Assembly

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense