Clinton Ryno Swart (* 6 September 1992, Standerton) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat tans vir Toyota Verblitz in die Topliga in Japan speel. Hy het voorheen Superrugby gespeel vir die Cheetahs en plaaslike rugby vir die Griekwas.SARU spelerprofiel – Clinton Swart URL besoek op 29 Mei 2016 Sy gereelde posisie is losskakel of binne-senter.
Loopbaan Hy het vir Hoërskool Standerton se eerstespan rugby gespeel tussen 2009 en 2011, wat gelei het tot sy insluiting in die Pumasspan vir die onder-18 Craven-week. Hy het in twee van hul wedstryde in die kompetisie gespeel, en agt punte met die stewel aangeteken, en daarmee hul Griekwa-eweknieë met 38-7 geklopSA Rugby: Pumas 38-7 Griekwas URL besoek op 14 April 2016 en 'n verdere ses punte in hul 28-11 nederlaag teen die Goue Leeus.SA Rugby: Goue Leeus 28-11 Pumas URL besoek op 14 April 2016
Verwysings
Eksterne skakels
itsrugby.co.uk-profiel
Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Lewende mense