Die perde-uintjieook: bloutulp, dwergtulp, kleinuintjie (Moraea tripetala (L.f.) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes-Kaap voor.
Beskrywing Hierdie plant is slank en 10 – 50 cm hoog met een of meer vertakkings. Dit het enkelvoudige blare wat uit die bodem groei. Die blomme het drie opvallende buitenste blomblare. Die ander blomblare is sterk in grootte verminder. Die blomme is reukloos en word deur bye besoek.
Subspesies SANBI onderskei tussen drie subspesies: Moraea tripetala subsp. jacquiniana (Schltr. ex G.J.Lewis) Goldblatt & J.C.Manning Moraea tripetala subsp. tripetala Moraea tripetala subsp. violacea Goldblatt & J.C.Manning
Die laaste subspesie kom op kleigrond in die renosterveld van Ceres tot Worcester en Barrydale voor en is 'amper bedreigd' (NT). Die ander twee subspesies is as 'veilig' (LC) gelys.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Moraea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika