Die Masai is ’n Nilotiese etniese groep wat in Suid-Kenia en Noord-Tanzanië voorkom. Hulle is van die bekendste plaaslike bevolkings omdat hulle naby die Groot Mere van Afrika woon, asook danksy hul besonderse gebruike en kleredrag.Maasai – Introduction Jens Fincke, 2000–2003 Hulle praat Masai (ɔl Maa), ’n lid van die Nilo-Sahariese taalfamilie. Hulle kry ook onderrig in die amptelike tale van Kenia en Tanzanië, Swahili en Engels. Die bevolking in Kenia was in die 2009-sensus sowat 841 622, in vergelyking met 377 089 in die 1989-sensus.Kenya – Population Distribution

Die Tanzaniese en die Keniaanse regering het programme ingestel om die Masai se tradisoneel semi-nomadiese leefstyl te ontmoedig, maar die groep verkies hul eeue oue gebruike.The Last of the Maasai. Mohamed Amin, Duncan Willetts, John Eames. 1987. Camerapix Publishers International. Die wêreldwye welsynorganisasie Oxfam het onlangs beweer die Masai se leefstyl moet aangemoedig word as ’n antwoord op klimaatsverandering vanweë hul vermoë om kos in woestyne en struikvelde te vervaardig. Baie Masai-stamme verwelkom besoekers aan hul dorpies sodat hulle hul kultuur, gebruike en leefstyl kan ervaar.

Geskiedenis duimnael|200px|Drie Volwasse Masai en Twee Kinders, deur Moses Wanyuki.

Die Masai praat ’n Nilo-Sahariese taal. Hulle woon in die gebied om die Groot Mere van Afrika nadat hulle via Suid-Soedan daarheen getrek het.A. Okoth & A. Ndaloh, Peak Revision K.C.P.E. Social Studies, East African, p.60-61. Die meeste sprekers van Nilotiese tale in die gebied, insluitende die Masai, Samburu en Kalenjin, is veeboere en het ’n reputasie as vegters en veerowers.

Nes die Bantoevolke van die streek, het die Masai en ander groepe in Oos-Afrika gebruike aangeneem van die naburige sprekers van Koesjitiese tale, insluitende ouderdomsgebonde gemeenskapsorganisering, besnydenis en woordeskat.Robert O. Collins, The southern Sudan in historical perspective, (Transaction Publishers: 2006), p.9-10.S. Wandibba et al., p.19-20.

Oorsprong, migrasie en assimilasie Volgens hul eie mondelingse geskiedenis het die Masai in die Laer Nylvallei noord van die Turkanameer (Noordwes-Kenia) ontstaan en omstreeks die 15de eeu suidwaarts gemigreer.

Tussen die 17de en laat 18de eeu het hulle aangekom in ’n lang strook land wat strek van die huidige Noord-Kenia tot Sentraal-Tanzanië. Baie etniese groepe wat hulle reeds in die gebied gevestig het, is deur die Masai verdryf, terwyl ander soos die Suid-Koesjitiese groepe in die Masai-gemeenskap opgeneem is. Die Nilotiese voorouers van die Kalenjin en Samburu het op soortgelyke wyse sommige vroeëre Koesjitiese bevolkings geabsorbeer.International Labour Office, Traditional occupations of indigenous and tribal peoples: emerging trends, (International Labour Organization: 2000), bl. 55.

Vestiging in Oos-Afrika Die Masai se grondgebied was in die middel 19de eeu op sy grootste toe dit feitlik die hele Groot Skeurvallei beslaan het, asook die omringende grond van Berg Marsabit in die noorde tot by Dodoma in die suide.Northern Tanzania with Kilimanjaro and Zanzibar deur Phillip Briggs, 2006, bl. 200 Teen dié tyd het die Masai en die groter Nilotiese groep waartoe hulle behoort het, met beeste geboer tot so ver oos as die Tanga-kus van Tanganjika (nou Tanzanië). Stropers het spiese en skilde gebruik, maar hulle is veral gevrees vir die gooi van knuppels (orinka), wat tot so ver as 100 meter akkuraat kon tref. In 1852 was daar ’n verslag oor ’n groep van 800 Masai-vegters wat aan die trek was in wat nou Kenia is. In 1857, nadat hulle die "Wakuafi-wildernis" in wat nou Suidoos-Kenia is, ontvolk het, het Masai-vegters Mombasa aan die Keniaanse kus bedreig.Sources and Methods in African History: Spoken, Written, Unearthed deur Toyin Falola, Christian Jennings (2003), bl. 18, 2. Boydell & Brewer.

duimnael|260px|Masai-vegters in Duits-Oos-Afrika, omstreeks 1906–1918.

Vanweë dié migrasie is die Masai die mees suidelike sprekers van Nilotiese tale.

Die tydperk van uitbreiding is gevolg deur die Masai se Emutai van 1883–1902. Dit is gekenmerk deur epidemies van ’n aansteeklike lugwegsindroom onder beeste, runderpes en pokke. Die aanvanklike raming van ’n Duitse luitenant in die destydse Noordwes-Tanganjika was dat 90 persent van beeste en die helfte van wilde diere aan runderpes dood is. Duitse dokters in dieselfde gebied het geraam dat "elke tweede" Afrikaan se gesig deur pokke geskend is. In dié tyd was daar ook ’n droogte; in 1897 en 1898 het geen reën geval nie.

Die Oostenrykse ontdekkingsreisiger Oscar Baumann het tussen 1891 en 1893 in die Masai se grondgebied gereis. Hy het die ou Masai-nedersetting in die Ngorongoro-krater in die 1894-boek Durch Massailand zur Nilquelle beskryf. Daar was vroue wat soos geraamtes gelyk het en uit wie se oë die waansin van verhongering gestraal het, vegters wat skaars kon kruip en verswakte, apatiese ouer mense. Swerms aasvoëls het hulle gevolg en gewag dat hulle hulle ten prooi val. Volgens een skatting is omtrent twee derdes van die Masai in dié tydperk dood.

In ’n verdrag van 1904, en weer van 1911, is Masai-grondgebied in Kenia met 60 persent verklein toe Britte hulle uitgesit het om plek te maak vir plase vir setlaars; hulle is daarna in die huidige distrikte Kajiado en Narok ingeperk. Die Masai in Tanganjika is in die 1940's van die vrugbare grondgebied tussen Berg Meru en Kilimandjaro af verskuif, asook van die meeste vrugbare hooglande naby Ngorongoro.The Myth of Wild Africa: Conservation Without Illusion. Jonathan S. Adams, Thomas O. McShane. 1996. University of California Press. page = 44. Nog grond is afgeneem om natuurreservate en nasionale parke te skep soos Amboseli, Maasai Mara, Nakurumeer, Tsavo en Serengeti.

Die Masai, wat veeboere is, weerstaan die Tanzaniese en die Keniaanse regering se pogings om hulle meer gevestig te laat raak en maak aanspraak op weiregte in baie van die nasionale parke van die twee lande.

Daar is 12 geografiese groepe onder die Masai wat elk sy eie gebruike, voorkoms, leiers en dialekte het. Hulle is die Keekonyokie, Damat, Purko, Wuasinkishu, Siria, Laitayiok, Loitai, Kisonko, Matapato, Dalalekutuk, Loodokolani en Kaputiei.

Kultuur

Die Masai-gemeenskap is uiters patriargaal; ouer mans neem die belangrikste besluite. ’n Mondelinge regskode bepaal baie gedragsaspekte. Amptelike teregstellings is onbekend – gewoonlik sal ’n betaling met beeste ’n groot genoeg straf wees. ’n Skikking buite die hof (amitu, "om vrede te maak") is ook moontlik; dit behels ’n groot apologie.

Die Masai is monoteïsties en aanbid ’n enkele godheid, Enkai of Engai. Engai het ’n dubbele aard: Engai Narok (Swart God) is goedhartig en Engai Nanyokie (Rooi God) is wraaksugtig. Die "Berg van God", Ol Doinyo Lengai, is in die noorde van Tanzanië geleë. Die sentrale menslike figuur in godsdienssake is die laibon, wie se rol insluit sjamaanse heling, waarsêery, voorspellings en om sukses in oorlog en genoeg reën te verseker. Baie Masai het ook die Christelike geloof en Islam aangeneem.

Die Masai is bekend vir hul ingewikkelde juweliersware.

’n Groot sterftesyfer onder babas het daartoe gelei dat kinders nie werklik erken word totdat hulle drie maande oud is nie. Vir die Masai wat ’n tradisionele leefwyse volg, breek die einde van die lewe feitlik sonder seremonie aan: Lyke word buite gelos vir roofdiere. As roofdiere nie ’n lyk vreet nie, word geglo daar is iets mee verkeerd en dit kan tot sosiale vernedering lei. Dit is dus nie ongewoon dat lyke met die vet en bloed van ’n geslagte os bedek word nie.Cultural and Public Attitudes: Improving the Relationship between Humans and Hyaenas deur Mills, M.g.L. en Hofer, H. (samestellers). (1998) Hyaenas: Status Survey and Conservation Action Plan. IUCN/SSC Hyaena Specialist Group. IUCN, Gland, Switserland en Cambridge, VK. vi + 154 bladsye Net groot stamhoofde is in die verlede begrawe omdat geglo is dit sleg is vir grond om mense in te begrawe.The Lions of Tsavo: Exploring the Legacy of Africa's Notorious Man-eaters By Bruce D. Patterson. 2004. McGraw-Hill Professional. Bl. 93.

Die tradisionele Masai-leefstyl sentreer om hul beeste, wat hul vernaamste voedselbron is en aan al hul eetbehoeftes voldoen. Hulle eet die vleis en drink die melk, soms ook die bloed. ’n Man se rykdom word aan sy hoeveelheid beeste en kinders gemeet. ’n Trop van 50 beeste word as respektabel beskou, en hoe meer kinders hoe beter. ’n Man wat baie van die een maar nie van die ander het nie, word as arm beskou.Northern Tanzania with Kilimanjaro and Zanzibar deur Phillip Briggs (2006), bl. 200. ’n Godsdiensgeloof is dat God al die beeste op aarde vir die Masai gegee het – om ander stamme se beeste te steel is dus net ’n kwessie van terugneem wat regmatig hulle s’n is. Dié gebruik het egter taamlik afgeneem.Africa's Great Rift Valley. Nigel Pavitt. 2001. bl. 138. Harry N. Abrams, Incorporated, New York

Deesdae, vanweë ’n afname in beeste se getalle, maak die Masai ook staat op ander kossoorte soos sorghum, rys, aartappels en kool (laasgenoemde is onder die Masai bekend as "bokblare").Nelson, Jimmy. The Maasai Tribe. Beforethey.com

Invloed van die buitewêreld duimnael|260px|Besoekers word welkom geheet op ’n Masai-dorpie.

Om ’n tradisionele leefstyl te handhaaf word al hoe moeiliker vanweë die invloed van die moderne wêreld. ’n Algemene geloof dat die Masai skade aan die graslande aanrig met hul veeboerdery, het daartoe gelei dat Britse koloniale beleidmakers al die Masai in 1951 uit die Serengeti Nasionale Park verskuif het na gebiede in en om die Ngorongoro-bewaringsgebied. Van die belofte om die Masai se belange eerste te stel, het nie veel gekom nie.

Weens die toename van die Masai-bevolking en ’n afname in die getalle van beeste, asook die gebrek aan genoeg weiding weens nuwe parkgrense, moes die Masai noodgedwonge nuwe maniere vind om hulself te onderhou. Baie het mielies en ander gewasse begin plant.McCabe, Terrence. (2003). "Sustainability and livelihood diversification among the Maasai of Northern Tanzania". Human Organization. Vol 62.2. ble. 100–111. In 1975 het die Ngorongoro-bewaringsgebied egter verbouing verbied. Om te oorleef moes die Masai aan Tanzanië se markekonomie deelneem. Hulle moes hul beeste en tradisionele medisyne verkoop om kos te kon koop. Die verbod is in 1992 opgehef en verbouing het weer ’n belangrike deel van die Masai-leefwyse geword.

Parkgrense en die privatisering van grondgebied plaas steeds ’n groot beperking op die beskikbaarheid van weiveld.Goodman, Ric. (2002). "Pastoral livelihoods in Tanzania: Can the Maasai benefit from conservation?" Current Issues in Tourism. Vol 5.3,4. P.280-286. Deur die jare is baie projekte begin om die Masai te help om hul tradisies te bewaar terwyl in die kinders se opvoedingsbehoeftes voorsien word. Al hoe meer mense word boere, sakemanne, veiligheidswagte, kelners en toeristegidse, terwyl ander in die openbare en die privaat sektor betrokke raak.

Die gemeenskap duimnael|links|180px|’n Jong Masai-vegter met ’n hoofbedekking en verfmerke.