Masai (Masai: ɔl Maa) is ’n Nilo-Sahariese taal wat in Suid-Kenia en Noord-Tanzanië deur sowat 1,64 miljoen Masai gepraat word. Dit is nou verwant aan die ander Maa-variëteite: Samburu, Chamus en Parakuyu. Die sprekers van dié tale is histories verwant en noem almal hul taal ɔl Maa.

Die sprekers van Masai word al hoe minder, hoewel nie vinnig nie, weens kontak met ander stamme in Oos-Afrika en die opkoms van Swahili en Engels as oorheersende tale.

Die Masai se leefstyl is in hul taal vasgevang. Veral die handelstelsels waarvan hulle afhanklik is om hul nomadiese leefstyl te handhaaf, hang af van die oorlewing van hul taal, selfs as ’n minderheidstaal. Al hoe minder Masai is nomadies en hulle verkies deesdae om in klein gemeenskappe te woon om hul taal en ander aspekte van hul kultuur lewend te hou.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Tale van Kenia Kategorie:Tale van Tanzanië Kategorie:Nilo-Sahariese tale