Die bokuintjie (Moraea setifolia (L.f.) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die Wes-Kaap voor, maar ook in die Noord- en Oos-kaap. Dit kom as uitheemse plant in Australië en Nieu-Seeland voor.

Hierdie plant vorm bolle en is bladwisselend. Dit word 20 cm groot en het lang smal blare wat diepgroen van kleur is. Die blomme is ligpers en het 'n heldergeel tekening in die middel. Hulle groei op lang, regop stingels.

Sinonieme Die spesie het twaalf sinonieme:

Gynandriris rogersii (Baker) R.C.Foster Gynandriris setifolia (L.f.) R.C.Foster Helixyra setifolia (L.f.) N.E.Br. Helixyra rogersii (Baker) N.E.Br. Iris setacea Thunb. Iris setifolia L.f. Moraea humilis Eckl. Moraea rogersii Baker Moraea setacea (Thunb.) Ker Gawl. Moraea xerospatha MacOwan ex Baker Moraea xerospatha var. monophylla J.M.Black Vieusseuxia setacea (Thunb.) Eckl.

Fotogalery

Verwysings

setifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika