Die Kaapse bloutulpook: ghasgharo, kraai-uintjie; dit word ook net bloutulp genoem, maar hierdie naam word ook aan M. elliotii, M. polyanthos en M. stricta gegee. (Moraea polystachya) is 'n geofiet wat inheems is aan Suid-Afrika en Namibië. Dit kom in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.
Dit is 'n meerjarige plant met 'n knol wat drie tot ses lang, bandvormige blare het wat ongeveer 6 – 12 mm wyd is. Die deursnee is 'n bietjie U-vormig en hulle is spiraalvormig gedraai. Soos by ander Moraea-spesies het die blomme drie groot buitenste blomblare, wat 6 cm lank kan wees, en die ander blombare is klein en onopvallend. Die blomme is gewoonlik blou van kleur, maar dit kan ook violet of wit wees.
Die plant is giftig vir vee. In die noorde van die Noord-Kaap kom ook M. venenata voor, wat baie soos die Kaapse bloutulp lyk, maar die blare is breër (10 -30 mm).
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Moraea Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika