Die 33ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 9-23 Mei 1980 gehou. Die Amerikaanse akteur en regisseur Kirk Douglas was die voorsitter van die jurie. Altesaam 49 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Die Amerikaanse rolprent All That Jazz van die regisseur Bob Fosse en die Japannese Kagemusha van Akira Kurosawa het saam die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met die regisseur Gilles Carle se Fantastica en afgesluit met I'm Photogenic (Sono fotogenico) van die regisseur Dino Risi. Die vertoning van Andrei Tarkovsky se Stalker is onderbreek deur ’n staking deur elektrisiëns.
Belangrikste fliekpryse
Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or All That Jazz Kagemusha Bob Fosse Akira Kurosawa Amerika Japan Grand Prix My American Uncle (Mon oncle d'Amérique) Alain Resnais (naamloos) Frankryk Jurieprys The Constant Factor (Constans) Krzysztof Zanussi Pole Caméra d'Or Adrien's Story Jean-Pierre Denis Frankryk Kortfilm-Palme d'Or Seaside Woman Oscar Grillo Brittanje Tegniese Grand Prix Le Risque de vivre (buite kompetisie) Gérald Calderon Frankryk
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste draaiboek Ettore Scola, Agenore Incrocci, Furio Scarpelli La terrazza Italië, Frankryk Beste akteur Michel Piccoli A Leap in the Dark (Salto nel vuoto) Italië Beste aktrise Anouk Aimée A Leap in the Dark (Salto nel vuoto) Italië
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees