Die 32ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 10-24 Mei 1979 gehou. Die Franse roman- en draaiboekskryfster Françoise Sagan was die voorsitter van die jurie. Altesaam 44 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.

Die Amerikaanse rolprent Apocalypse Now van die regisseur Francis Ford Coppola en die Wes-Duitse The Tin Drum (Die Blechtrommel) van Volker Schlöndorff het saam die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met die regisseur Miloš Forman se Hair en afgesluit met Us Two (À nous deux) van die regisseur Claude Lelouch.

Belangrikste fliekpryse

Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or Apocalypse Now The Tin Drum (Die Blechtrommel) Francis Ford Coppola Volker Schlöndorff Amerika Wes-Duitsland Grand Prix Siberiade Andrei Konchalovsky Sowjetunie Caméra d'Or Northern Lights John Hanson, Rob Nilsson Amerika Kortfilm-Palme d'Or Harpya Raoul Servais België Tegniese Grand Prix Norma Rae Martin Ritt Amerika

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Terrence Malick Days of Heaven Amerika Beste akteur Jack Lemmon The China Syndrome Amerika Beste aktrise Sally Field Norma Rae Amerika

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees