Saxonwold is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se E-streek geleë, 5 km noord van die stadsaal, noord van die Johannesburgse Dieretuin en die Oorlogsmuseum, suid van Rosebank, en oos van Parkwood.
Saxonwold is aangelê op die plaas Braamfontein en op 11 Maart 1925 geproklameer. Die gebied is oorspronklik deur die Eckstein-myngroep gekoop en in die 1890's met 3 miljoen denne- en bloekombome beplant deur Eduard Lippert, 'n deskundige van Sachsenwald, die Bismarck-landgoed in Duitsland. Ook die plaaslike woud het die naam Sachsenwald (Saksewoud) gekry. Saxonwold is 'n verengelsing van die Duitse naam. Benewens die voorstad Saxonwold, is ook die voorstede Forest Town, Parkwood, Rosebank en die Dieretuin aangelê op die gebied wat die woud vroeër beslaan het.
Vanaf die vroeë 2000's tot hul vlug in 2018 het die Guptafamilie, wat met uitgebreide staatskaping verbind is, in die Sahara Estate in Saxonwold gewoon.
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Voorstede van Johannesburg