Bastiaan Zuiderent (* 3 Maart 1977 in Utrecht, Nederland) is 'n Nederlandse krieketspeler. Hy is 'n regshandige kolwer en 'n regshandige medium-snelbouler.
Op 18 word Zuiderent vir die Nederlandse nasionale krieketspan gekies vir hul eerste wedstryd tydens die Krieketwêreldbekertoernooi van 1996. In sy tweede wedstryd behaal hy 54 lopies teen Engeland op Pesjawar. Hy het Nederland voorts in die krieketwêreldbekertoernooie van 2003, 2007 en 2011 verteenwoordig.
Verwysings
Eksterne skakels Bastiaan Zuiderent by ESPNcricinfo
Kategorie:Nederlandse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense