Hyde Park is 'n welaf voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika, en 'n voormalige voorstad van Sandton, Gauteng.
Dis noord van Dunkeld geleë en wes van Illovo, sowat 9 km noord van Johannesburg se stadsaal. Die voorstad is genoem na die Londense voorstad met dieselfde naam, maar die bron meld nie die rede vir dié vernoeming nie.
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Johannesburg