Die Kleinskedebek (Chionis minor) is 'n algemene standvoël wat op Marion-eiland en die Prins Edward-eilande nesmaak. In Engels staan die voël bekend as die Black-faced sheathbill.
Identifikasie Die voël word tot 38cm lank en is ietwat plomp, wit met 'n swart snawel. Die bene en gesigsvel is pienk.
Hulle leef as pare of in klein groepies saam digby pikkewynkolonies en op kusgrasvlaktes. Hulle vreet pikkewynkarkasse en eiers asook gebraakte kos wat hulle kry wanneer hulle pikkewyne wat kuikens voer, versteur.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010.
Verwysings