Die Russiese roebel (Russies: рубль, rublʹ, meervoud: рубли́, rubli; simbool: ₽; ISO 4217-kode: RUB) is die geldeenheid van Rusland, asook die vier gedeeltelik-erkende republieke van Abchasië, Suid-Ossetië, Donetsk en Loehansk. Die roebel was die geldeenheid van die Russiese Ryk en die Sowjetunie voor sy ontbinding. Belarus en Transnistrië gebruik geldeenhede met dieselfde naam.
Die roebel is onderverdeel in 100 kopeks (soms geskryf as kopecks of copecks; Russies: копейка, kopeyka; meervoud: копейки, kopeyki). Die Russiese roebel is die wêreld se eerste desimale geldeenheid. Dit is gedesimaliseer in 1704 toe die roebel wetlik gelyk aan 100 kopeks gestel is.
Notas
Verwysings
Eksterne skakels
Die banknote van Rusland - insluitend die banknote van die voormalige USSR
Kategorie:Abchasië Kategorie:Ekonomie van Rusland Kategorie:Geldeenhede Kategorie:Suid-Ossetië Kategorie:Volksrepubliek Donetsk Kategorie:Volksrepubliek Loehansk