Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Somalies.
Die Somaliërs (Somalies: Soomaali; Arabies: صومال) is 'n etniese groep inheems aan die Horing van Afrika. Hulle praat Somalies as moedertaal en Arabies as tweede taal. Somaliërs vorm die titulêre nasie van Somalië (12,3 miljoen) en belangrike minderhede in die buurlande Djiboeti (464 400), Ethiopië (4,6 miljoen), Jemen (200 000) en Kenia (2,4 miljoen). As gevolg van die Somaliese burgeroorlog het die Somaliese Diaspora ook in lande soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State asook in verskeie Asiatiese en Europese lande gevestig. Wêreldwyd leef tussen 16 en 20 miljoen Somaliërs, met 'n groot aantal aan vlugtelinge.
duimnael|links|CIA-kaart van die Somaliërs se verspreiding in 2002 duimnael|links|Verspreiding van die Somaliese Diaspora in 2006 Somaliërs en hul taal Somalies behoort tot die Koesjitiese tak van die Afro-Asiate. Hulle is oorwegend aanhangers van die Islamitiese godsdiens (Soennitiese en Soefisme met 'n klein minderheid van Sjiïete). Mohamed Diriye Abdullahi, Culture and Customs of Somalia, (Greenwood Press: 2001), bl. 1 Somaliërs beoefen tradisioneel die makmaak van diere soos beeste, bokke en skape. Die Somaliese samelewing is organiseer in klane, waartoe elke Somaliër deur sy vaderlike afkoms behoort.
Die Somaliërs vorm die derde grootste etniese groep in Ethiopië na die Oromo en die Amhare en vorm die titulêre nasie van die Ogaden-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. In Djiboeti is sowat 60% van die bevolking etniese Somaliërs, die grootste etniese groep nog voor die Afar met 35%.
In Suid-Afrika het sedert 1991 ten minste 40 000 Somaliërs gevestig, veral in groot stede soos Johannesburg, Durban, Kaapstad en Pretoria. Hulle het vinnig in die kommersiële sektor gevestig en werksgeleenthede vir hulself geskep en hul eie winkels geopen.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Jemen Kategorie:Etniese groepe in Djiboeti Kategorie:Etniese groepe in Ethiopië Kategorie:Etniese groepe in Kenia Kategorie:Etniese groepe in Somalië Kategorie:Inheemse volke van Afrika