duimnael|links|180px|Depardieu in 1994 in Cannes.

Gérard Xavier Marcel Depardieu (IFA: ʒeʁaʁ dəpaʁdjø; 27 Desember 1948) is ’n Franse akteur, rolprentmaker en sakeman. Hy is een van die besigste akteurs in die bedryf en was sedert 1967 in sowat 170 rolprente.

Loopbaan Depardieu het op 16 jaar na Parys verhuis en in die nuwe komedieteater Café de la Gare begin toneelspeel.30ste herdenkining van Café de la Gare, L'Express, 15 Augustus 2002 Hy het ook dans onder Jean-Laurent Cochet studeer.

Sy deurbraakrol was in 1974 in die Franse komedie Les Valseuses (Going Places).Gérard Depardieu by IMdb Ander vroeë rolle sluit in die epiese 1900 saam met Robert de Niro (1976); The Last Metro (1980), waarvoor hy die Franse César-prys gewen het; Police (1985), waarvoor hy die prys vir beste akteur op die Venesiese Rolprentfees gekry het; Jean de Florette (1986) en Cyrano de Bergerac. Vir laasgenoemde het hy die prys vir beste akteur op die Cannes-rolprentfees en sy tweede César gewen, asook ’n Oscar-benoeming vir beste akteur gekry.

Hy was ook te sien in Green Card (1990), waarvoor hy ’n Golden Globe gewen het, en daarna in verskeie groot Hollywood-flieks, soos 1492: Conquest of Paradise (1992), Hamlet (1996) en Life of Pi (2012).

Hy is ’n kavalier van die Franse Erelegioen en van die Nasionale Meriete-orde. Hy het in Januarie 2013 Russiese burgerskap gekry en het in dieselfde maand ’n kulturele ambassadeur van Montenegro geword.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Franse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Franse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Russiese manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Russiese manlike akteurs van die 21ste eeu