Die Saagtand-barrakuda (Sphyraena putnamae) is 'n vis wat wydverspreid in die Indiese- en Stille Oseaan gebied, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Sawtooth barracuda.
Identifikasie Die vis het 'n lang, slanke lyf wat amper silindries is, en word tot 90 cm lank. Die snoet is lank en gepunt. Dit is blou-silwer van kleur op die rugkant en die sye en wit aan die onderkant. Daar is 15 donker chevron-tipe strepe oor die lyf; dit strek weerskante van die sylyn. Die stertvin is donker met 'n swart rant.
Hulle leef in koraal- en kusrotsriwwe in water wat 1 tot 35 m diep is. Gedurende die winter vorm hulle digte skole gedurende die dag. Hulle vreet gewoonlik gedurende die nag; hoofsaaklik rifvisse en tjokka.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Sphyraena-putnamae.html
Verwysings
Kategorie:Beenvisse