Brendan Peyper (gebore 7 Augustus 1996) is 'n Suid-Afrikaanse sanger en akteur. Sy debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie word in 2015 vrygestel. Sy tweede album, Hy loop oop, verskyn in 2017. In 2018 word sy derde album, Dis nie sonde nie, vrygestel.

Vroeë lewe en opvoeding Peyper is op 7 Augustus 1996 in Bloemfontein, Suid-Afrika gebore. Sy ouers is Vincent Peyper en Celesté Barnard.

Peyper matrikuleer in 2014 aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein en studeer daarna klankingenieurswese aan die Universiteit van die Vrystaat, maar staak sy studies om sy sangloopbaan te bevorder.

Stop, wag, bly nog ’n bietjie (2015) Peyper se debuutalbum, Stop, wag, bly nog 'n bietjie, is op 9 Oktober 2015 vrygestel. Die treffers vanaf hierdie album sluit in: "Stop, wag, bly nog 'n bietjie", "Die perfekte een vir my" en "Tafelberg vir twee". Die musiekvideo vir "Stop, wag, bly nog 'n bietjie" ontvang 2 miljoen kyke op YouTube.YouTube. Brendan Peyper: Stop, wag, bly nog ’n bietjie

Dis nie sonde nie (2018) Brendan Peyper se derde ateljeelbum, Dis nie sonde nie, verskyn in Oktober 2018. Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, "Jy laat dit maklik lyk", word onmiddellik die mees afgelaaide Afrikaanse liedjie op iTunes en betree Maroela Media se Top-20 op 15 Oktober 2018 in die 20ste posisie. "Jy laat dit maklik lyk" beweeg boontoe tot op 17de plek in Maroela Media se Top-20 van 23 Oktober 2018.

Diskografie Ateljeealbums 2015: Stop, wag, bly nog 'n bietjie 2017: Hy loop oop 2018: Dis nie sonde nie 2020: Twintig20 2022: Insomnia

Lewendige opnames 2017: Sinkplaat sessies

Versamelalbums 2017: Kersfees bekoor (met Elizma Theron, Refentse, Sean Butler, Elandré, Ons Lieflinge, Nicholis Louw, Ray Dylan, en Liezel Pieters)

Enkelspelers 2015: "Tafelberg vir twee" 2015: "Die perfekte een vir my" 2015: "Stop, wag, bly nog 'n bietjie" 2018: "Klim jou Everest" 2018: "Jy Laat Dit Maklik Lyk" 2018: "Maak Die Perde Los" 2018: "Like a River Flows" 2020: "Sterk Soos 'n Leeu" 2020: "Lekker Op My Trekker" 2021: "Dik en dun" 2021: "Op jou spoor" 2021: "Warm nog op" 2021: "Warm nog op" 2021: "Die Wolf" 2021: "Nooit 'n Glas" 2022: "Stop die wêreld ek wil afklim" 2022: "Meisies Soos Jy" 2022: "Meisies & Ouens Soos Jy (feat. Minke Brits)" 2023: "Nee of Ja" 2023: "Moegdans" 2024: "Soen Soos Wat Jy Dans" 2024: "Madelein" 2024: "Plaaspop (Mullet Mix)" 2024: "Jou Tipe Boer" 2025: "Kyk" 2025: “Brand”

Filmografie 2016: Sonskyn beperk

Toekennings en nominasies Jaar Seremonie Toekenning Genomineer Resultate 2016 Suid-Afrikaanse Musiekpryse Beste Popalbum (Afrikaans) Stop, wag, bly nog 'n bietjie Genomineer 2016 Ghoema-toekennings Manlike Kunstenaar Van Die Jaar Stop, wag, bly nog 'n bietjie Genomineer 2016 Ghoema-toekennings Nuweling Van Die Jaar Stop, wag, bly nog 'n bietjie Genomineer

Verwysings

Bronne

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels

Brendan Peyper op Apple Music

Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Alumni van Hoërskool Jim Fouché Kategorie:Geboortes in 1996 Kategorie:Lewende mense