Bonang Matheba (* 25 Junie 1987, Mahikeng) is 'n Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, radiopersoonlikheid en sakevrou. Sy is veral bekend vir haar aanbieding van die gewilde SABC 1-musiekprogram "Live Amp" (voorheen bekend as "Live").
Sy is tans 'n aanbieder op SABC 3 se TV-tydskrifprogram Top Billing. Sy is ook 'n omroeper van die radioprogram "The Front Row" op die SABC-radiostasie Metro FM.
Op Sondagaand 13 Augustus 2023 was sy die gasvrou/aanbieder van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie se glansryke finaal en kroning by die SunBet-area te Time Square in Pretoria.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiepersoonlikhede Kategorie:Suid-Afrikaanse filantrope