Engela Elizabeth Helena van Rooyen (1939-) is ’n Afrikaanse skryfster. Sy skryf vir volwassenes en ook vir die jeug en van haar boeke word gereeld vertaal asook voorgeskryf op skool. Sy maak, op destydse advies van haar uitgewer, van meer as een skryfnaam gebruik. Dus is sy ook Engela Linde (haar getroude van) en Louisa du Toit.NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/1028 Liefdesverhale: http://www.liefdesverhale.co.za/authors/2356
Lewe en werk Engela word op 11 Augustus 1939 te Kakamas teen die Oranjerivier in die distrik Kenhardt gebore as tweede oudste van ’n gesin van uiteindelik tien kinders. Tydens haar geboorte woon die klein gesin nog in 'n netjiese riethuis met 'n Dover-stoof en 'n vloer van doringboomgom. Hierna koop haar pa sy eie riviergrond. Haar ouers was Carel Petrus van Rooyen en Marthina Louisa (Née du Toit). Haar suster, Hetta Hager is ook 'n skryfster. Haar voorouers was pionier-koloniste in ’n besproeiingsnedersetting wat deur die NG Kerk gestig is om boere te help wat deur droogte en runderpes verarm is. Sy begin skoolgaan op Neus by ’n eenmanskool en matrikuleer in 1956 aan die Hoërskool Kakamas. Tydens haar skoolloopbaan “spring” sy ’n standerd toe die inspekteur op sy jaarlikse besoek haar na ’n hoër standerd bevorder omdat sy vlot kon voorlees.Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_engelavanrooyen.htm
Hierna studeer sy vanaf 1957 verder aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ’n B.A.-graad en Sekondêre Onderwysdiploma verwerf. Sy hou vir ’n jaar skool by Paarl Girls High, waartydens sy trou met Barend Jacobus (Kobie) Linde, ’n predikant.Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/vrooyene.html Hulle eerste gemeente is Kameelboom in die Kalahari naby die grens met Botswana. Hulle oudste dogter word hier gebore. Vervolgens gaan hulle na Migdol, waar twee seuns gebore word. Die volgende staanplek is Kimberley, waar hulle jongste seun gebore word. Hierna word hy as weermagkapelaan beroep, eers na Grahamstad en later op Potchefstroom. Hier studeer hulle vier kinders en Engela verwerf die B.A. Honneurs-graad en die M.A.-graad in Afrikaanse letterkunde cum laude aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Haar verhandeling is getiteld Die beelding van sonde in ‘Kroniek van Perdepoort’.
Sy is betrokke by die vrouetydskrif Rooi Rose as verhaalredakteur en help vir vyf jaar by die ATKV se skryfskool op die Potchefstroomse Universiteit. Die egpaar woon sedert hulle aftrede in 1990 in die noorde van Pretoria teen die Magaliesberg, waar Engela ook etlike jare as redakteur by 'n uitgewer werk.
Skryfwerk
Prosa As skoolkind begin sy reeds skryf en as student verskyn haar eerste kortverhaal, Die gemmerpoeding, in 1958 in Die Huisgenoot. Met die geld van agt ghienies wat sy vir hierdie verhaal ontvang, koop sy vir haar ’n tikmasjien. Sy gee ook klas as student-assistent. Sy lewer in die eerste jare uitsluitlik tydskrif- en radiowerk. Van haar kortverhale word ook in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer. Vir volwasse lesers skryf sy verskeie romans, met haar meer ernstige werk wat geskryf word as Engela van Rooyen, haar nooiensnaam, en ontspanningsliteratuur wat sy skryf onder haar getroude naam, Engela Linde, en die skuilnaam Louisa du Toit.
Romans Sommige menings van resensente, keurders, boekeredakteurs en lesers is beskikbaar gestel uit die skrywer se leggers.
Van die boeke wat sy as Engela van Rooyen skryf, sluit in Die wenteltrap, waar die gebeure sentreer rondom die sentrale motief van skuld, waar elke mens aandadig is aan sy eie en sy medemens se struikelinge. 'n Resensent skryf hieroor: "Miss Van Rooyen joined the Sewentigers."
Kontrapunt se titel is ’n musiekterm wat verwys na die kombinasie van twee of meer verwante maar selfstandige melodieë tot ’n musikale toonsetting. Hierin word die ineengeweefde lewens van ’n aantal verstotelinge ondersoek.Brink, André P. Rapport, 7 Desember 1975 "'n Komposisie met woorde, mense. 'n Fyn hand bestryk die klawers. Mag hierdie talent bly blom en blom."
Vuurwag is die verhaal van ’n baie klein bosgemeenskap wat onder hoë druk geplaas word.Eksteen, Louis. Standpunte, Nuwe reeks 126, Desember 1976 .Almal leeef onder die dreigende gevaar van ’n bosbrand, wat alles sal vernietig.
Vollermaan vertel die lotgevalle van drie geslagte Van der Weys, wat almal oorlog en die verwoesting en smart wat dit bring, geken het. Die begrippe skuld, straf en versoening in aansluiting by Paasfees is die deurlopende tema. "Aangrypend, soms ontstellend; 'n verrykende leeservaring." "'n Verrassende roman; outentieke kunstenaarskap."
In die oog van die web word in 1993 genomineer vir die Rapportprys, nadat dit in manuskripvorm in 1990 ’n finalis was in De Kat, Sanlam en Antenne se romanwedstryd. By die geboorte van ’n tweeling sterf een skynbaar kort na geboorte en word begrawe, maar in werklikheid word hy grootgemaak deur ’n vrou wat haar eie kind verloor het. Hierdie kind, Lou de Wet, se ontwikkeling en groei tot volwassenheid, insluitend sy vlugtelingskap, is die fokus van hierdie verhaal.Van Vuuren, Helize Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/seminaar/vuur.asp Die verhaal draai in die kopermyne van Mufilira asook in die Kalahari tussen 'n groepie San-jagter-versamelaars in die vyftigerjare.
Vuur op die horison is ’n roman oor die Anglo-Boereoorlog. Sy werk tien jaar hieraan en dit word ’n beduidende historiese roman in Afrikaans, wat die oorlogsgebeure op realistiese wyse en met inagneming van die goed en kwaad aan alle kante (Britte, Boere en swart mense) weergee. Die familie Viljoen en hulle lotgevalle vanaf 1846 tot 1903 is die spilpunt waarom gebeure draai, wat ook die liefdesverhoudings van Frans Viljoen en Memorie en Gerrie en die Engelse Michael Dalmain insluit.Venter, L.S. Beeld, 3 Julie 2000Bosman, Nerina Universiteit van Pretoria: http://repository.up.ac.za/dspace/handle/2263/10726 Hierdie boek is, onder andere, in 2001 op die kortlys vir die toekenning van die M-Net-prys. In 'n meningspeiling word dit aangedui as een van die honderd gewildste boeke wat al in Afrikaans verskyn het. "Hierdie skrywer kan jy vertrou." "Visueel, onstuimig en formidabel." "Die Gone with the Wind van die Boereoorlog." "Die diversiteit van die werk is net so verstommend soos die omvang."
Outobiografiese werke Haar jeugherinneringe Met ’n eie siekspensBlignault, Audrey. Boekewêreld, 6 Maart 1996Botma, Riëtte. Die Burger, 12 Oktober 1994 is in 1995 op die kortlys vir die toekenning van die CNA-prys en die ATKV-Prosaprys en in 1996 op die kortlys vir die toekenning van die Helgaard Steyn-prys.Kannemeyer, J.C. Rapport, 31 Julie 1994 Sy slaag daarin om die intens persoonlike herinneringe op bedrewe wyse oor te dra sodat die karakters werklike gestalte kry en die ontbering en stryd om oorlewing by die leser aanklank vind as ’n meer universele belewenis.Kannemeyer, J.C. Op weg na 2000. Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 Die gemeenskap van die kerklike arbeidskolonie in die harde natuuromgewing van Kakamas aan die Wybenga, Gretel. Die Volksblad, 27 Junie 1994 Oranjerivier se alledaagse stryd teen die natuur word universeel as soortgelyk aan die stryd van alle mense met hulle aardse woonplek. Hier is mense op mekaar aangewese en staan mekaar by in geboorte, dood en tussenin, sodat die oorweldigende gevoel van meelewendheid almal positief stem. Dit is hierdie warm menslikheid wat van die herinneringe iets spesiaals maak en veel meer as net kontreikuns oor ’n streek se mense en dinge. Verdere kleur word verleen deur die vermaaklike staaltjies oor die handelswyse en gesegdes van die inwoners, wat nie net die menslikheid van die kolonie verder illustreer nie, maar ook ’n vaslegging is van ’n ryk Boerekultuur van vanslewe se dae. "'n Groot stuk Afrika." "Dit het die aardsheid en egtheid van 'n Brueghel-skildery." "Een van die mooiste boeke wat ek nog in Afrikaans gelees het." "'n Treffende stuk werk, volstrek eerlik en gedra deur 'n wete van eie waardigheid."
Haar volwasse herinneringe word opgeneem in Seisoene.Jordaan, Annette. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 43 no. 1, Herfs 2006 Haar huwelik met ’n predikant en die lewe as pastoriepaar en ouers word beskryf.Ludick, Reinard. Insig, Julie 2005 Die seisoene van die titel is aanduidend van die wisselende aard van die ervaringsWybenga, Gretel. Beeld, 13 Junie 2005 en gebeurtenisse op die lewenspad. Weereens slaag sy daarin om die gebeure sonder sentimentaliteit weer te gee. "Voortreflike herinneringskuns." "'n Waardige toevoeging tot die egodokument in Afrikaans.""Boeiende, pakkende styl, skerp waarneming, deernis, humor.""Stylvolle greep op eie gesinsgeskiedenis, geplaas teen die groter universele bestel."
In Erfstories vertel sy saam met haar broer Elias van Rooyen en suster Hetta Hager, die drie oudste kinders van die familie, anekdotes oor hulle grootwordjare. Die sketse is ook ’n nalatenskap van sommige van die stories waarmee hulle groot geword het.
In die reisverhaal Om op eeue te loop, doen sy in dagboekvorm verslag van haar reis na Israel. Sy skryf ook ’n hele aantal geestelike boeke, waaronder die Lux Verbi-publikasies God se pad van Vryheid en Op pad deur Betlehem.
Jeugverhale Meer as twintig jeugboeke verskyn van haar en etlike van hierdie boeke word vertaal en/of wyd voorgeskryf vir gebruik in skole. Die eerste boek in die Gesie van Sonsig-reeks was een jaar die beste verkoper van Tafelberg.
Kaboep en Koer verskyn aanvanklik as vervolgverhaal in die tydskrif Sarie en speel tydens die Tweede Wêreldoorlog af.Pienaar, Lydia. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 18 no. 1, Maart/April 1978 In Tjarie kom huis toe word Tjaart in ’n oorstroming meegesleur en moet probeer oorleef op ’n verlate eiland, wat nuwe perspektiewe vir hom open.
In Jat kry vlerke is Jat op soek na sy werklike pa, omdat hy nie die omstandighede waarin hy lewe kan hanteer nie. Hulle is arm en hy is wat verstandelike vermoëns betref sy ouers ver voor. Hierdie boek word gereeld voorgeskryf, veral vir tweedetaalonderrig.
Middelmannetjie speel tydens die Eerste Vryheidsoorlog af. Reinhardt Botes is verskeur oor waar hy tuishoort, want hy is Reinhardt vir die Boere, Hardy vir sy Engelse familie en hy het ook ’n naam by die swart mense, naamlik Lethola. Hierdie roman illustreer hoe alle mense in ’n oorlog ly.
Koenie se ontdekking speel af op die delwerye in die sewentigerjare van die negentiende eeu. Die dertienjarige Koenie loop van sy pleegouers weg om sy geluk by die delwerye te gaan soek.
Die môreboom speel ook af op die delwerye in die negentiende eeu. Die sestienjarige Ben bly droom van die groot diamant, wat hy dan eindelik kry, maar dit bring vir hom ongeluk. Die titel verwys na die kameelboompie wat opkom waar hy in moedeloosheid die pitte neergesmyt het.
In Joepie maak plek is Joepie die twaalfjarige seun van die skoolhoof. Hy het net ’n baie ouer suster en het dus nooit geleer om met ander te deel nie. Vier nuwe kinders kom na die skool en twee bly by hulle in, wat hom afgeskeep laat voel. Hy besluit om weg te loop, maar die vier nuwelinge agtervolg hom en hulle val almal vas in ’n grot. Ook hierdie boek word dikwels voorgeskryf.
Die duiwe van Botala het die swart hoërskoolseun Frank Modiba as hoofkarakter, wat saam met sy suster Katie van Botala High oorgeplaas word na die multikulturele skool Meliora, wat “iets beters” beteken. Hier kruis hulle paaie met dié van die ryk wit seun George Smith, of Carrots, die sportheld. Die swart gesin se omstandighede en familie-atmosfeer word treffend gekontrasteer met dié van die ryk wit seun George en sy gesin.Gericke, Lona SA Children’s Books: http://sa-books.blogspot.co.za/2008/02/boekresensie-vir-vuvuzela-deur-engela.html "'n Juweel van 'n jeugboek."