Suzanna Arundhati Roy (gebore 24 November 1961) is 'n Engelstalige Indiese skrywer. Sy is veral bekend vir haar 1997-roman The God of Small Things. Sy is ook 'n politieke aktivis wat met die sake van menseregte en omgewingsgeregtigheid verbind is.

Lewensloop Arundhati Roy is in Shillong, Meghalaya, Indië gebore. Sy is die dogter van 'n Christelike moeder van Maleise en Siriese afkoms, Mary Roy, en 'n Hindoe-vader van Bengaalse afkoms, Rajib Roy - wie die eienaar van 'n teeplantasie was. Nadat haar ouers geskei het, is Roy hoofsaaklik in Kerala getoë. Toe sy sestien was, het sy na Delhi verhuis. Daar het sy met haar studies aan die Delhi School of Architecture begin; sy het ook haar eerste man daar ontmoet. In 1984 het sy haar tweede man, Pradip Krishen - 'n filmvervaardiger - ontmoet. Daarom het sy begin om in die filmwêreld belang te stel. Roy het eers kleiner rolle vertolk and dan begin sy om draaiboeke te skryf (In Which Annie Gives it Those Ones, Electric Moon en die televisiereeks Banyan Tree).

Aktivisme Nadat haar boek The God of Small Things 'n sukses geword het, het sy realiseer dat sy die potensiaal gehad het om mense se gedagtes en standpunte te beïnvloed. Daarom het sy nie-fiksie boeke begin skryf. Daarbenewens het haar nie-fiksie boeke verskeie temas behandel: anti-globalisering, 'n veldtog teen die Indiese Narmada-Dam-projek, 'n veldtog teen die kapping van die tropiese reënwoud, kritiek op die rol van die Verenigde State in Afghanistan, kritiek op die rol van die Indiese regering en weermag in die Kasjmir-gebied, kritiek op die "staatsterrorisme" van Israel, kritiek op die kernprogram van Indië, kritiek op die Narendra Modi-administrasie, beweer dat armoede in verskeie dele van Indië die Moembaai-aanvalle van November 2008 veroorsaak het, beskuld die Indiese goewerment vir die volksmoord van Tamils in Sri Lanka, ensovoorts.

In 2002 is Arundhati Roy in Nieu-Delhi met betrekking tot die Narmada-dam-kwessie deur die hof vir die minagting van die gereg skuldig bevind. As gevolg van die matigheid van haar aktivisme het sy in 2004 die Sydney Peace Prize ontvang.

Werke Fiksie The God of Small Things. Flamingo, 1997.

Nie-fiksie The End of Imagination. Kottayam: D.C. Books, 1998. The Cost of Living. Flamingo, 1999. The Greater Common Good. Bombay: India Book Distributor, 1999. The Algebra of Infinite Justice. Flamingo, 2002. Power Politics. Cambridge: South End Press, 2002. War Talk. Cambridge: South End Press, 2003. An Ordinary Person's Guide To Empire. Consortium, 2004.

The Checkbook and the Cruise Missile: Conversations with Arundhati Roy. onderhoude deur David Barsamian. Cambridge: South End Press, 2004. The Shape of the Beast: Conversations with Arundhati Roy. New Delhi: Penguin, 2008. Listening to Grasshoppers: Field Notes on Democracy. New Delhi: Penguin, 2010. Broken Republic: Three Essays. New Delhi: Hamish Hamilton, 2011. Walking with the Comrades. New Delhi: Penguin, 2011. Kashmir: The Case for Freedom. Verso, 2011.

Capitalism: A Ghost Story. Haymarket Books, 2014.

Artikels en opstelle “The End of Imagination”. (Frontline / Outlook. Augustus 1998) “The Greater Common Good”. (Frontline / Outlook. Junie 1999) “The Greater Common Good II”. (Outlook. Julie 1999) “The Cost of Living”. (Frontline. Februarie 2000) “Power Politics: The Reincarnation of Rumpelstiltskin”. (Outlook. November 2000) “The Algebra of Infinite Justice”. (Outlook. Oktober 2001) “War Is Peace”. (Outlook. Oktober 2001) “Shall We Leave It to the Experts? ”. (Outlook. Januarie 2002) “Democracy” . (Outlook. Maart 2002) “War Talk: Summer Games With Nuclear Bombs”. (Frontline / Outlook. Junie 2002) “Peace Is War: The Collateral Damage of Breaking News” . (Centre for the Study of Developmental Studies. 2004) “Mesopotamia, Babylon, the Tigris and Euphrates” . (Outlook / Guardian. April 2003) “Seize the Time”. (In These Times. Junie 2003) “The Loneliness of Noam Chomsky” . (The Hindu / Outlook. Augustus 2003) “Let Us Hope the Darkness Has Passed”. (Guardian. Mei 2004) “The Road to Harsud”. (Outlook. Julie 2004) “People vs. Empire” (In These Times. Desember 2004) “And His Life Should Become Extinct”. (Outlook. Oktober 2006) “Scandal in the Palace”. (Outlook. Oktober 2007) “Listening to Grasshoppers”. (Outlook. Februarie 2008) “Azadi”. (Outlook. September 2008) “9 Is Not 11”. (Outlook. Desember 2008) “Mr. Chidambaram’s War”. (Outlook. November 2009) “Walking With the Comrades”. (Outlook. Maart 2010) “Operation Green Hunt's Urban Avatar” (Dawn. Junie 2010) “The Trickledown Revolution”. (Outlook. September 2010) “I'd Rather Not Be Anna”. (The Hindu. Augustus 2011) “Dead Men Talking”. (Outlook. Oktober 2011) “Capitalism: A Ghost Story”. (Outlook. Maart 2012) “Democracy’s Failing Light”. (Outlook. Julie 2013) “A Perfect Day for Democracy”. (The Hindu. Februarie 2013) “The Doctor and the Saint: Ambedkar, Gandhi and the Battle Against Caste”. (Caravan. Maart 2014) “India’s Shame”. (Prospect Magazine. Desember 2014)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Essayiste Kategorie:Indiese skrywers Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense