regs|170px|duimnael|Dr. Joseph Petrus Jooste, die leraar van 1942 tot 1946.
duimnael|regs|170px|Ds. Johannes Lodewikus Vorster, die leraar van 1953 tot 1958.
duimnael|links|300px|Die kerkraad en besoekende predikante tydens die ingebruikneming van die kerkgebou op 28 Februarie 1948.
duimnael|regs|240px|Dr. en mev. J.J. van der Walt, die leraarspaar van 1958 tot 1966.
duimnael|regs|240px|Ds. Wouter en mev. Ester de Vos., die predikantspaar van 1966 tot 1969.
duimnael|regs|170px|Ds. Frans van der Walt, die leraar van 1970 tot 1977, toe hy in 1965 aangewys is as voorsitter van die PU vir CHO se studenteraad.
Die Gereformeerde kerk Vleuels was sedert 2013, hoewel dit eers in 1942 gestig is, die oudste gemeente van die GKSA in die Vrystaat se hoofstad, Bloemfontein, nadat die Gereformeerde kerk Bloemfontein in 2013 ontbind het. Ook die derde oudste gemeente in die Rosestad, Bloemfontein-Oos, het weens veranderende vestigingspatrone van Gereformeerdes ontbind, en wel in 2007. Vleuels het op sy beurt op 20 November ontbind en deel geword van Bloemburg, wat die vorige dag 19 jaar oud geword het.
Stigting Die gemeente wat sedert 2003 as Vleuels bekendstaan, het in 1942 van die Gereformeerde kerk Bloemfontein afgestig as die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Wes. Aanvanklik het die nuwe gemeente sy eredienste GK Bloemfontein se kerk gehou. In 1949 kon Bloemfontein-Wes tot kerkbou oorgaan op 'n perseel op die hoek van Tweedelaan en Henrystraat, Westdene, besonder na aan GK Bloemfontein se kerk op die hoek van Zastron- en Wes-Burgerstraat. Die argitek was vermoedelik Hendrik Vermooten. Namate Westdene ál meer 'n sakebuurt geword het, het die naglewe en gepaardgaande misdaad toegeneem. In April 1999 is die kerk gevandaliseer toe die preekstoel aan die brand gesteek en die hoeksteen beskadig is. Later in daardie jaar is die kerkperseel aan die Georgiu-trust verkoop (wat later ook GK Bloemfontein se kerk sou koop en afbreek). Bloemfontein-Wes se kerk is in 2001 gesloop om plek te maak vir Nedbank se streekshoofkantoor.
Die gemeente se motivering om die ou kerk te verkoop was tweërlei: Enersyds het die instandhoudingskoste van die gebou hoog geraak; andersyds het min lidmate in die gebied naby die kerkgebou oorgebly namate die gemeente se grense algaande weswaarts geskuif het van Westdene na Brandwag en in die rigting van Universitas tot eindelik Langenhovenpark. In Westdene met sy veranderende demografie en veranderende karakter het bitter min lidmate oorgebly. Daarom het die kerkraad die besluit geneem om die kerkgebou agter die lidmate aan te verskuif na Langenhovenpark.
Nuwe kerksentrum As tussentydse reëling is die gemeente se eredienste in die St. Michealskool in Brandwag se skoolsaal gehou en daarna in dieselfde skool se kapel. In dié tyd (2003) is besluit om die gemeente se naam te verander na Vleuels om saam te val met die veranderende omstandighede en verskuiwing van die kerkgebou, hoewel die gemeentegrense steeds die weste van Bloemfontein beslaan het. Destyds het die gemeente 209 belydende en 44 dooplidmate gehad, vergeleke met 125 en 19 einde 2014, maar 522 en 122 in 1993. Bouwerk het toe begin aan die nuwe kerkgebou op die gemeente se erf in die westelike woonbuurt Langenhovenpark, waar reeds in 1984 ’n gemeente van die NG Kerk gestig is, NG gemeente Langenhovenpark, wat einde 2014 1 686 belydende en 507 dooplidmate gehad het.
Uit die staanspoor was die doel om ’n gebou op te rig wat vir die hele gemeenskap tot nut kon wees; daarom is dit nie ’n konvensionele kerkgebou nie, maar het die argitek Nico le Roux dit ontwerp as ’n gemeente- of eintlik gemeenskapsentrum wat die hele week lank gebruik kan word. Dit kan dis benut word vir kursusse, seminare, opleiding, vergaderings, geleenthede, troues, ens. Die eerste fase het bestaan uit die hoofgebou (met die meerdoelige saal waarin eredienste gebou word) en die administrasieblok. In Maart 2002 is die gemeentesentrum plegtig betrek nadat die orrel uit die ou gebou, wat intussen geberg is, opnuut geïnstalleer is.
Enkele jare later is begin met die tweede fase wat bestaan uit ’n kantoorblok met vyf kantore, ’n ontvangsgedeelte, wagkamer en kombuisie. Hierdie fase is in 2006 voltooi en is aan terapeute, sielkundiges en beraders verhuur. Dié praktyk heet Genesalem na aanleiding van "genesing" en "Jerusalem" en is op 1 September 2006 amptelik in gebruik geneem.
Ontbinding Op Donderdag 20 November 2025 het die Gereformeerde kerke Bloemburg en Vleuels formeel tot een gemeente saamgesmelt, hoewel dit eintlik 'n geval was dat Vleuels opgeneem is in Bloemburg. Bloemburg het reeds geruime tyd die gebouekompleks van GK Vleuels in Langenhovenpark vir eredienste, Bybelstudies, kategese en ander geleenthede gebruik GK Vleuels se lidmaattal het die laaste jare sodanig afgeneem dat dié gemeente nie meer selfstandig kon voortbestaan nie. Ná die samesmelting het elf lidmate van Vleuels na Bloemburg oorgegaan, onder wie net een dooplidmaat, een 94-jarige, een 82-jarige, 'n 80-jarige, hul emeritus predikant ds. Gerrie Labuschagne (75), 'n 74-jarige, Labuschagne se eggenote, Alice (71), 'n 69-jarige, 'n 62-jarige tweeling en 'n 58-jarige.
Bloemburg se kerkraad was ’n ruk lank in gesprek met Vleuels oor die voortgesette gebruik van die kerkgebou en ander middele. Eindelik het die gemeentes besluit om saam te smelt om te verseker dat ordelik voortgegaan word met die middele wat in hulle sorg is. Die predikant, ouderlinge en diakens van GK Bloemburg sou voorgaan as die kerkraad van die gemeente, en die versorging van Vleuels se emeritus egpaar het die verantwoordelikheid van Bloemburg geword. Die gebouekompleks het ook die verantwoordelikheid van Bloemburg geword.
Predikante Jooste, dr. Joseph Petrus, 1942 – 1946 Van der Walt, Louis Stefanus, 1946 – 1952 Vorster, Johannes Lodewikus, 1953 – 1958 Van der Walt, dr. Jan Jacobus, 1958 – 1966 De Vos, Wouter, 1966 – 1969 Van der Walt, dr. Francois, 1970 – 1977 Venter, dr. Andries Gerhardus Schutte, 1978 – 1987 Fourie, Willem Jacobus, 1987 – 2000 Fleischmann, Johan Petrus, 1990 – 2008 Van der Walt, Johannes Gideon Lessing, 2008 – 2009 Labuscagne, dr. Gert Christoffel Petrus, 2009 – 2015 (aanvaar sy emeritaat)
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook NG gemeente Bloemfontein-Wes
Eksterne skakels Die kerksentrum by Boerneefstraat 3, Langenhovenpark, Bloemfontein. URL besoek op 12 Desember 2015.
Kategorie:Bloemfontein Vleuels