Garnale (Caridea), ook bekend as die ware garnale, is klein kreefagtige diere wat aan die orde van tienpotiges (Decapoda) behoort. Hulle kom wydverspreid oor die wêreld in beide vars- en seewater voor, hoewel die meeste spesies in die see leef. Van die spesies kom op sandbanke voor, waar hulle hulself vir beskerming teen predatore ingrawe.
Garnale word deur mense as 'n voedselbron benut en word as 'n lekkerny beskou. Dit kan, byvoorbeeld, as garnaalkelkies of garnalebroodjiesSien inskrywing vir garnaalkelkie en garnalebroodjie in die HAT (broodjies wat uitgehol en met gaar garnale gevul is) opgedis word.
duimnael|links|Garnale vir menslike verbruik duimnael|regs|'n Lekker prawn. Sy spesienaam is Penaeus monodon
Taksonomie Die superfamilies onder die infraorde Caridea is:, (2009). "A classification of living and fossil genera of decapod crustaceans ". Raffles Bulletin of Zoology Suppl. 21:1–109.
Alpheoidea Rafinesque, 1815 Atyoidea De Haan, 1849 Bresilioidea Calman, 1896 Campylonotoidea Sollaud, 1913 Crangonoidea Haworth, 1825 Galatheacaridoidea Vereshchaka, 1997 Nematocarcinoidea Smith, 1884 Oplophoroidea Dana, 1852A Palaemonoidea Rafinesque, 1815 Pandaloidea Haworth, 1825 Pasiphaeoidea Dana, 1852A Physetocaridoidea Chace, 194 Pleopteryxoidea Schweigert & Garassino, 2006 Procaridoidea Chace & Manning, 1972 Processoidea Ortmann, 1896 Psalidopodoidea Wood-Mason, 1892 Stylodactyloidea Bate, 1888
Sien ook Garnaalvissery
Verwysings
Eksterne skakels