Malacostraca (hoër kreefagtiges) is die grootste van die ses biologiese klasse waarin kreefagtiges (skaaldiere) opgedeel word. Die klas bestaan uit ongeveer 40 000 lewende spesies, wat in 16 ordes ingedeel word. Die meeste diere wat in die volksmond kreefagtiges genoem word, soos die tienpotiges (krewe, krappe, garnale), behoort aan die groep.
Malacostraca kom oorvloedig in alle mariene-omgewings voor, en het ook varswater en landelike habitats gekoloniseer. Hulle is gesegmenteerde diere, met 'n liggaam wat uit 20 (selde 21) segmente bestaan, wat in 'n kop, bors en buik verdeel is. In sommige spesies is die kop en bors tot een hegte stuk vergroei.
Morfologie duimnael|480px|Algemene bou van Malacostraca (byskrifte is in Nederlands)
Malacostraca het koppe met ses segmente. Hulle het een paar antennes (voelers) en een paar antennules (kleiner voelers). Hulle het ook monddele. Daar is aanhangsels (genaamd maxillipeds) naby die monddele. Hulle het vyf pare looppote. Die heel eerste paar looppote is in knypers ontvorm. Daar is agt torakale segmente. Daar is ook ses abdominale segmente wat vir swem gebruik word. Lede van Malacostraca het saamgestelde oë. Hulle het 'n twee-kamer maag en 'n gesentraliseerde senuweestelsel.
Taksonomie Klas Malacostraca Latreille, 1802 Subklas Phyllocarida Packard, 1879 Orde Archaeostraca Claus 1888 Orde Hoplostraca Schram, 1973 Orde Canadaspidida Novožilov in Orlov, 1960 Orde Hymenostraca Rolfe, 1969 Orde Leptostraca Claus, 1880 Subklas Hoplocarida Calman, 1904 Orde Aeschronectida Schram, 1969 Orde Archaeostomatopoda Schram, 1969 Orde Stomatopoda Latreille, 1817 (Mantisgarnale) Subklas Eumalacostraca Grobben, 1892 Superorde Syncarida Packard, 1885 Orde Palaeocaridacea Brooks, 1979 Orde Bathynellacea Chappuis, 1915 Orde Anaspidacea Calman, 1904 Superorde Peracarida Calman, 1904 Orde Spelaeogriphacea Gordon, 1957 Orde Thermosbaenacea Monod, 1927 Orde Lophogastrida Sars, 1870 Orde Amphipoda Latreille, 1816 Orde Isopoda Latreille, 1817 Orde Tanaidacea Dana, 1849 Orde Cumacea Krøyer, 1846 Orde Mictacea Bowman et al., 1985 Orde Mysida Haworth, 1825 Orde Stygiomysida Tchindonova, 1981 Superorde Eucarida Calman, 1904 Orde Euphausiacea Dana, 1852 (Planktonkrefies) Orde Amphionidacea Williamson, 1973 Orde Decapoda Latreille, 1802 (Tienpotiges)
Eksterne skakels
Kategorie:Skaaldiere