Die Gereformeerde kerk Duineveld is ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Noord-Kaapse dorpie Hotazel. Dit sluit ook die nedersettings Van Zylsrus, Severn en Blackrock in.

Duineveld het in 1982 afgestig van die Gereformeerde kerk Kuruman. Aan die begin is eredienste om vyfuur Sondagmiddae in die kerkgebou van die NG gemeente Kalahari (gestig in 1984) gehou. Later het die Gereformeerdes in die Samancor-gebou byeengekom, die latere BHP Billiton-klubsaal. Die gemeente het toe ’n erf in Sharplaan, Hotazel, gekoop. Dié erf, met ’n huis daarop is groot genoeg sodat ’n veeldoelige saal daarop gebou kan word.

Eers op 22 Augustus 2010 kon die Gereformeerde kerk Duineveld vir die eerste keer in hul eie plekkie erediens en katkisasie hou. Die gemeente het beplan om, tot die saal voltooi is, eredienste in die huis te hou, en laasgenoemde dan weer in ’n woonhuis te omskep.

Lidmaattal In enkele lukrake jare lyk Duineveld se lidmaattal soos volg:

1997 2001 2011 2014 2020 Dooplidmate 48 20 13 6 9 Belydende lidmate 71 41 45 30 21 Sieletal 119 61 58 36 30

Predikant Van der Merwe, dr. Sarel Jacobus, 1982 – 2008 Cilliers, Pierre, 2015 – hede (in kombinasie met Daniëlskuil

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Noord-Kaap