Tienpotiges (Decapoda) is 'n biologiese orde van geleedpotige diere. Krappe, krewe en garnale behoort aan die orde. Behalwe vir 'n paar uitsonderings, leef hierdie diere in die see.

Soos die naam aandui, het alle tienpotiges vyf paar looppote. Die looppote is die laaste vyf pare aanhangsels op die voorste helfte van die kopborsstuk (cephalothorax). Ten minste een paar dra knypers. Die agterlyf het dikwels vyf paar swempote, wat ook deur die wyfies gebruik word om hul eiers te dra. Sommige spesies het 'n stertvin. Krappe, daarteenoor, het 'n baie klein agterlyf, wat onder die karapaks (dop) gedra word, maar geen stert nie.

Baie tienpotiges is aasvreters - wat dooie plante en diere vreet. Krappe is omnivore, wat alge en skulpvis (soos weekdiere) vreet. Krewe vreet meestal lewendige prooi.

Sistematiek Die orde Decapoda het ongeveer 14756 spesies. Die subordes en superfamilies word hier onder aangedui:, (2009). "A classification of living and fossil genera of decapod crustaceans ". Raffles Bulletin of Zoology Suppl. 21: 1–109.

Suborde: Dendrobranchiata Bate, 1888 Superfamilie: Penaeoidea Rafinesque, 1815 Superfamilie: Sergestoidea Dana, 1852

Suborde: Pleocyemata Burkenroad, 1963 Infraorde: Stenopodidea Bate, 1888 (skoonmakergarnale) Infraorde: Caridea Dana, 1852 (ware garnale) Infraorde: Astacidea Latreille, 1802 (krewe) Infraorde: Glypheidea Winckler, 1882 Infraorde: Axiidea de Saint Laurent, 1979 Infraorde: Gebiidea de Saint Laurent, 1979 Infraorde: Achelata Scholtz & Richter, 1995 (stekelkrewe} Infraorde: Polychelida Scholtz & Richter, 1995 Infraorde: Anomura MacLeay, 1838 (vals krappe) Infraorde: Brachyura Linnaeus, 1758 (ware krappe)

Verwysings

Eksterne skakels