duimnael|links|160px|Ds. Lood Snyman, van 1962 tot 1966 die eerste leraar. duimnael|links|330px|Die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord. duimnael|links|160px|Ds. J.J. De Wet Kruger, leraar van 1966 tot 1970.

duimnael|links|320px|Die kerk se orrelgalery.

Die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord is op die oomblik (2015) die tweede grootste gemeente van die GKSA in die Vrystaat se hoofstad, Bloemfontein.

Stigting Die gemeente het op 15 Oktober 1961 afgestig van die destydse Bloemfontein-Wes, waarvan die naam in 2003 Vleuels geword het. Aan die begin het lidmate in die Laerskool Willem Postma vir eredienste byeengekom, maar die behoefte aan ’n eie kerkgebou het daartoe gelei dat die groot organisasie en beplanning van dié gebou binne 18 maande deeglik voltooi is.

Kerkbou Die argiteksfirma Le Roux en Vennote het die plan geteken en Crawford en Custor se tender van R53 777 vir die bouwerk is op 24 Julie 1964 goedgekeur. Dawie Mynhardt, wat minstens nog in 2010 lidmaat van die gemeente was, was een van die bouers.

Die nuwe kerkgebou is feestelik in gebruik geneem in die naweek van 25 en 26 September 1965. Ds. Lodewyk Snyman, die destydse leraar, het die hoeksteen onthul en mev. Snyman yet die kerkdeure daarna oopgesluit. In die nuwe gebou het dr. (later prof.) G.P.L. van der Linde die verrigtinge begin met Skriflesing, gebed en samesang waarna prof. Fanus du Toit die feesrede gelewer het. Die middag se verrigting het van kwart oor twee tot halfvyf geduur; die aand is dit voorgesit met die ingebruikneming van die orrel, wat die gemeente se vrouelidmate geskenk het. Prof. Du Toit het ook die Sondag se feesdiens gelei, waarna die eerste katkisasie in die nuwe gebou gehou is. Daardie aand het ds. Snyman die eerste keer die woord in die nuwe kerk bedien.

Saal Jare lank het die gemeente die behoefte aan sy eie kerksaal gevoel en daarmee saam die behoefte aan meer katkisasielokale en ’n doeltreffender kombuis. Op 28 Februarie 1988 is die saal in gebruik geneem toe dr. H.A. van Dalsen die kopergedenkplaat onthul het.

Bloemfontein-Noord het einde 1997 298 belydende en 100 dooplidmate gehad. Einde 2011 was dit 527 en 113 (Bloemfontein-Noord was toe die grootste Gereformeerde kerk in die stad) en einde 2014 onderskeidelik 517 en 99.

Predikante Snyman, Johannes Lodewikus Jakobus, 1962–1966 Kruger, Johannes Jacob de Wet, 1966–1970 Van Dalsen, dr. Hubrecht Anthonie, 1971–1998 (aanvaar sy emeritaat; van 1972–1973 in kombinasie met Brandfort) Potgieter, Theunis Johannes, 1998–2008 Botha, Willem Jacobus, 2008 – hede

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook Gereformeerde kerk Brandfort, afgestig van Bloemfontein-Noord in Mei 1972

Eksterne skakels Die kerkgebou op die hoek van Deal- en Kiplingweg, Dan Pienaar, Bloemfontein, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 12 Desember 2015.

Kategorie:Bloemfontein Bloemfontein-Noord