Hetta Hager (1943–2015) was ’n skrywer van kontreiverhale waarin Griekwa-Afrikaans gedokumenteer word en was ook onderwyser, joernalis en kurator van die Mary Moffat-museum op Griekwastad. Sy skryf ook verskeie romans onder die skuilnaam Sophia Burger.
Lewe en werk Hester Johanna Sophia Hager (Née van Rooyen) is in 1943 op Kakamas gebore en getoë.Erfenis Publikasies: http://erfenispublikasies.blogspot.co.za/2012/10/woordkarosse-deur-hetta-hager.html Sy was die dogter van Carel Petrus en Marthina Louisa (Née du Toit). Engela van Rooyen is haar suster. Sy is getroud met die boer Johann Hager en hulle het twee seuns (Carel en Johann) en ’n dogter (Tina). In 2015 is sy in Huis Heldersig in Griekwastad aan kanker oorlede.Juweel verlore vir Griekwa-Afrikaans, Volksblad, 8 Desember 2015 Sy was veral bekend om haar boeke oor die Griekwas se unieke taalgebruik en plaaslike geskiedenis. Sy het ook rubrieke, kortverhale en gedigte gepubliseer. Sy het ook gereeld bydraes vir Landbouweekblad gelewer.
Na skool het sy aan die Hoërskool Griekwastad skoolgehou. Daarna het sy by Laerskool Anderson aangesluit waar sy afgetree het. Na haar aftrede het sy by die Mary Moffat-museum gewerk as kurator. Sy het ook haar eie uitgewery, Kloekuitgewery, gehad.
Na haar aftrede is sy steeds skrywer en dialektoloog. Van tyd tot tyd tree sy op by taalprogramme oor die radio oor die boeiende onderwerp van Griekwa-Afrikaans.
Skryfwerk Hetta skryf romans, artikels en kortverhale, maar word veral bekend met haar Kloekgoed-reeks, wat opgetekende Noord-Kaapse Griekwa-Afrikaans is.Erfenis Publikasies-webwerf: http://erfenispublikasies.blogspot.co.za/2012/10/woordkarosse-deur-hetta-hager.html
Kloegoed reeks Sy gee self Afrikaanse kloekgoed Combrink, Johan “Beeld” 22 Junie 1998uit, waarin sy bekende verhale in Griekwa-Afrikaans weergee. Hierna is sy ook samesteller van Kloek-goed twee – Is u ’n paar lagte agter? (waarin sy veral die grappige sêgoed van haar leerlinge bundel), terwyl Adam Kloek-goed, die man met die tien tokkelossies ’n drama is wat deur Dalro gepubliseer word. Kloek reseppe en bak stories Brynard, Karin “Rapport” 7 Julie 2013: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2013/07/05/R2/5/boek05.htmlse titel dui reeds aan dat die stories losweg handel oor spys en drank, veral soos dit in die ou dae gemaak en geniet is. Die proses van die maak, die mites en bygelowe, die gekuier en die eet en al die ou dinge van ’n lewe voor mense horlosies gehad het, om van televisie nie te praat nie, word vertel in die aardse Griekwa-Afrikaans. Daarby is daar ’n aantal van haar kortverhale, ryklik belaai met die kontreitaal. Een van die heel mooies gaan oor Hetta se loseerders op Griekwastad, naamlik die kwikkies en die swaeltjies wat nes maak om haar huis. Eenkeer word ’n nes met kleintjies vernietig, maar die kwikkie-ma bly terugkom met kriewelende wurmpies in die bek en die skrywer wonder hoe lank dit ’n kwikkie ma vat om haar kinders te vergeet. Die verhale word aan die einde toegelig met verklarings van die kontreiwoorde.
Van Karrikamma tot Griekwastad is die geskiedenis van die NG gemeente en die gemeenskap van Griekwastad.
Woordkarosse is ’n digbundel met opgetekende Griekwa-rympies waarin haar diepgekoesterde liefde vir haar grootwordwêreld en vir die beeldryke Afrikaans van die Benede-Oranje en Griekwaland-Wes duidelik blyk.
Kinderverhale Vir kinders skryf sy in die My eie Bybelstoriereeks onder andere Kain en Abel, Isak en Rebekka, Moses in die mandjie, Jona, die onwillige profeet en Die verhaal van Legio.
Ander skryfwerk Sy lewer ook bydraes vir Annerlike Afrikaans deur Anton Prinsloo en van haar resepte verskyn in Koekemakranka deur Renata Coetzee.
Sophia Burger Onder die skuilnaam Sophia Burger skryf sy verskeie romans.
In Blomme vir altyd werk Renate Serfontein saam met haar stiefmoeder in die winkels wat haar pa vir haar nagelaat het. Sy is op die punt om verloof te raak aan haar voormalige werkgewer, Carl van Noordyk, maar word na die hotel op Sonderwaterkloof gestuur. Dis gou duidelik dat alles nie pluis is nie. Op die berg skiet iemand na haar en terug in haar hotelkamer word ’n pragtige bos blomme sonder kaartjie vir haar afgelewer. Sy het geen benul wie en waarom iemand haar sou wou vermoor nie en ook nie wie haar geheimsinnige bewonderaar is nie.
Reënboog oor Rykheersrus is ’n verhaal oor ’n sameloop van omstandighede. Philip het ’n huweliksertifikaat dringend nodig gehad sodat hy van sy eksentrieke, ryk oom kon erf en Yvonne het die tienduisend rand dringend nodig gehad ten einde haar ouers, wat bankrotskap in die gesig gestaar het, te help. Hulle besluit om te trou en ses maande lank bymekaar te bly en so kry elkeen wat hy nodig het. Daarna kan hulle skei en Philip kan teruggaan na die mooi Sylvia van Eck en sy na die jong skilder Riaan Scott. In stede van probleme oplos, vind hulle egter dat hierdie troue hulle probleme eers werklik laat begin.
In Splinters van gister is Mariet reeds twintig, maar haar tante Taleen en die buurman Adelbert behandel haar steeds soos ’n kind. Rocco Villiers verskyn op die toneel en oorweldig haar met sy blomme en aangename geselskap, maar Adelbert is hewig gekant teen die verhouding. Adelbert se broerskind Wim kom kuier en begin ook baie aandag aan Mariet gee.
Publikasies Publikasies uit haar pen sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2002051448/ JaarPublikasiesHetta HagerEsaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Hager,_HettaWorldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AHager%2C+Hetta%2C&qt=hot_autho1979Saaiers van wind1980Willemina, Willemina1981’n Skadu voor my sonVan Karrikamma tot Griekwastad: die geskiedenis van die NG gemeente en die gemeenskap van Griekwastad1996Kain en AbelIsak en RebekkaMoses in die mandjie1998Afrikaanse kloek-goedJona, die onwillige profeet1999Die verhaal van Legio2002Kloek-goed twee2006Adam Kloek-goed: die man met die tien tokkelossies2013Kloek reseppe en bak storiesSophia BurgerEsaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Burger,_Sophia1978Blomme vir altydReënboog oor Rykheersrus1979Dwaalpad van die hart1980Skaduwees van gister1993Ruitglas van roet2000Splinters van gister
Bronnelys
Internet Kemp, Charné Netwerk24: http://erfenispublikasies.blogspot.co.za/2012/10/woordkarosse-deur-hetta-hager.html Kemp, Charné Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2013/04/17/KV/3/kmhetta.html
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Sterftes in 2015