Fred Abrahamse is 'n Suid-Afrikaanse akteur en teaterregisseur. Hy werk hoofsaaklik in Engels, maar rig ook Afrikaanse produksies af.

Ná sy studie aan die Universiteit van Kaapstad begin hy sy loopbaan by Die Ruimte-teater in die stad. Hy het later in die 1970's die Troupe Theatre Company gestig. In die laat 1980's en vroeë 1990's was hy 'n inwonende direkteur van die Baxter-teater en in 2008 was hy die mede-stigter en artistieke direkteur van die NewSpace-teater in Langstraat.Fred Abrahamse, esat.sun.ac.za, besoek op 12 Desember 2015

Sy Afrikaanse produksies sluit in:HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Buitepos (Rachelle Greeff), met Deon Lotz, Deirdre Wolhuter en Jill Middelkop in die rolverdeling. Die melktrein stop nie meer hier nie (Tennessee Williams), met Marcel Meyer, Roelof Storm en Antoinette Kellermann op die verhoog. Hol, 'n Kunstekaap-produksie, deur en met Nicola Hanekom.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse regisseurs