Absalom (Hebreeus: אבשלום, Awsjalom, letterlik: "vader van vrede") is 'n figuur in die Ou Testament van die Bybel. Hy was die derde seun van Dawid, die koning van Israel. Hy is as die mooiste en knapste man in die koninkryk beskryf.

duimnael|links|Absalom se hare haak aan 'n boom vas, deur Albert Weisgerber. Hy is vir 'n wyle deur sy vader, koning Dawid, verban. Hy het sy broer Amnon vermoor, wat hulle (half)suster Tamar verkrag het. Later kon hy weer na Jerusalem terugkeer.

Uiteindelik lei hy 'n opstand teen sy vader. Hy sterf toe hy aan sy hare in 'n boom bly hang, waarna hy deur Joab, Dawid se leëraanvoerder, vermoor is.

Sien ook Lys van persone in die Bybel

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mense uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Mense uit die Ou Testament