May Abrahams (1930~) is 'n Suid-Afrikaanse sopraan. Abrahams is in Distrik Ses in Kaapstad gebore en getoë, waar sy jare lank as 'n huishoudster gewerk het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Op 14 word sy 'n lid van Billy Jones se koor, wat later tot die stigting van die Eoan-groep van uitvoerende kunstenaars lei. In 1956 debuteer sy as Violetta in die groep se eerste aanbieding van La Traviata in die Kaapstadse Stadsaal. Daarna reis sy saam met die groep na Brittanje.André Alexander Schwartz 1935 - 2005, Die Burger, 23 April 2005

Teen die einde van haar loopbaan was sy professioneel aan die destydse Sukovs-opera in Bloemfontein verbonde.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse operasangers